| |
|
| Die skild wat deur die
Afrikaner Kultuurbond aan Volkshulp 2000 toegeken is as die
uitsoek-organisasie vir die jaar |
| |
|

Kliek op foto vir groter weergawe |
|
Die AKB- toekenning
Hierdie is ‘n baie besondere toekenning wat aan Volkshulp 2000 gedoen
is op grond van sy UITSTAANDE DIENS gelewer aan minderbevoorregte
volksgenote. Enkele maande gelede, tydens die amptelike funksie en die
oorhandiging van die toekenning is pragtige dinge vermeld oor Volkshulp
2000. In kort, kom dit daarop neer dat Volkshulp 2000 uitnemende diens
lewer en ‘n besondere, prysenswaardige en voorbeeldige rol oor die jare
heen vervul het en nog steeds vervul. |
|
|