| |
 |
Die suksesse van 'n onderneming hang bepaald ook af van
die kwaliteit van sy leidinggewende, beleidbepalende en
besluitnemende bestuurslede Volkshulp 2000 is bevoorreg om
oor 'n bogemiddelde kaliber van Hoofbestuurslede te beskik.
Dit is natuurlik jammer dat die Voorsitter, ds. G. Smith,
aan die begin van die jaar die tuig as Voorsitter moes
neerlê, vanweë sy verdiende hoëre louere as professor by die
Teologiese Skool, maar hy word dit terdeë gegun as beloning
op baie harde werk. |
| Sedertdien funksioneer Brigadier du Plessis as
Voorsitter en kwyt ook hy homself uitstekend van sy
taak. Die Grondwet bepaal onder andere dat daar vyf
Hoofbestuurslede moet wees. Bykomende kundiges kan as
gekoöpteerde lede aangestel word. Ook in hierdie opsig
is ons bevoorreg om oor 'n verdere drie sulke kwaliteit
gekoöpteerde persone te beskik, wat te eniger tyd as
volwaardige Hoofbestuurslede kan intree en kontinuiteit
kan handhaaf, sou 'n Hoofbestuurslid om noodsaaklike
redes besluit om die tuig neer te lê. |
 |
|
|