|
Omdat ons 'n nie-winsgewende organisasie is, is
ons afhanklik van ons vrywillige werkers en ander ondersteuners. Hoewel
Volkshulp 2000 se finansies op 'n verantwoordelike
wyse hanteer word, maak ons nogtans voortdurend op die steun van ons volksgenote staat.
Help ons asseblief om ons minderbevoorregte volksgenote te kan help. Sodoende kan ons ons
Bybelse opdrag, om na die weduwees en die wese om te sien, uit voer.
Word 'n Borg
For English helpers
we provide an English debit order form
Wil u ook graag 'n borg word of 'n bydrae
lewer? Skakel ons gerus by een van ons talle nommers soos
aangedui op ons inligtingsbladsy of
epos 'n navraag. U is ook welkom om enige bedrag, klein
of groot, in ons bankrekening te deponeer.
Bankbesonderhede: VOLKSKAS (ABSA) SUNNYSIDE, Rekeningnommer: 101 76514
Natuurlik is gereelde maandelikse bydraes baie
welkom, en kan ook in die vorm van 'n lopende debietorder
geskenk word.
Alle ander bydraes word met groot dank ontvang. Dit sluit allerlei items soos klere, voedsel,
tente, meubels,
komberse, slaapsakke, skoonmaakmiddels, apparate, gereedskap en boumateriaal in.
Met u hulp en ondersteuning sal ons sukses
behaal.
Nogmaals dankie aan die duisende volksgenote
wat alreeds gehelp het en nog steeds 'n bydrae lewer!!
Dankie dat u omgee!!
Nuutste
Jaarverslag |