|
CVO Magalies getuig soos volg:
Ons skool kan in die Noorde van Pretoria op die plato onder
die Magaliesberge gevind word. Sedert Januarie 1995 ontvang
leerlinge vanaf Gr. 0 tot 12 hier 'n volledige Christelike
en volkseie onderwys. Hier sien ons alle vakdissiplines in
die Lig van die Woord van God. Daaruit leer ons dat God die
Skepper is van getal, vorm, elemente, lewe ens. Ons is dus 'n Christelike skool, maar ons is ook volkseie.
Ons glo dat Christenskap nie volksverbande ophef nie, maar
dat die formering van die mensdom in volke, een van God se
metodes is om die verval in die menslike samelewing te keer.
Daarom word alle leerstof, soos o.a. voorgeskrewe werke
en poësie, só gekies dat die kinders van ons volk nie van hulle
erfenis vervreem word nie, maar juis leer om dit te waardeer
en te koester.
Ons is ook toekomsgerig en modern:
Ons glo dat 'n volk wat akademies goed geskool is, 'n
beskaafde en vrye volk sal wees.
Baie dankie, CVO Magalies,
vir julle ondersteuning en deelname om Volkshulp 2000 tot
beter diens in staat te stel
Enkele foto's van die kranige leerlinge van die CVO
Magalies
|