|

Groter weergawe |
Daar kan voorwaar 'n dik boek geskryf word net oor
dankbetuigings. Die goedgunstigheid en ruimhartigheid van
Volkshulpvriende is ongelooflik. Dit is werklik baie moeilik
om name te noem. Die meegaande foto toon duidelik wat kan
gebeur na net een oproep. In hierdie geval het die
sekuriteitsmaatskappy ADT, dit goed gedink om 'n paar
duisend rand se splinternuwe, duursame komberse by die
Streekkantoor af te lewer. |
Ons wil opregte dank uitspreek teenoor die talle bydraers (finansieel
sowel as itemgewys) wat vir Volkshulp 2000 op so 'n onbaatsugtige wyse
deur die jaar ondersteun het.
Dankie aan Volkshulp 2000 se webbladonderhouers en borge in Kanada (ARK
Webontwerp) vir hulle instandhouding van die webtuistes by:
volkshulp.arkpark.net/werfkaart.htm en
vhgeskiedenis.arkpark.com.
Radio
Pretoria as bemarkingsmedium is onontbeerlik. Die Bestuur en
personeel verdien 'n spesiale GROOT DANKIE vir hul toegeneëntheid jeens
Volkshulp 2000.
Aan 'n ieder en 'n elk wat selfs op die geringste wyse 'n bydrae gemaak
het tot Volkshulp se groei oor die afgelope jaar, bring ons ons opregte
dank en waardering. Hiersonder sou ons nooit enige suksesse kon behaal
nie.
Wat 'n besondere voorreg om aan 'n wonderlike organisasie soos
Volkshulp 2000 verbonde te kan wees en die seën van die Here te kon
ervaar! Ons laaste opregte DANKIE kom ons Hemelse Vader toe vir Sy krag,
leiding, gesondheid en verstand wat Hy ons toebedeel het om nog 'n jaar
se suksesse te kon smaak.
|