|
Die geouditeerde finansiλle state word afsonderlik
beskikbaar gestel op aanvraag.
'n Inkomstegroei van 39.15% op die vorige jaar het
gerealiseer. 'n Bedrag van R539 452 meer as die vorige jaar se inkomste.
Menslikerwys is dit nie analiseerbaar nie. Die Hand van die Here kan
maar net hierin gesien word. Dan vergeet ons ook nie die ywer,
entoesiasme en opofferinge van al die Volkshulp 2000-personeel nie!
Die inkomste uit debietorders toon steeds 'n
afname en dit sou goed gewees het indien mens op 'n meer standhoudende
inkomste hieruit kon staatmaak.
Uitgawes het die afgelope jaar met 17.12%
toegeneem. Met 'n versekerde inkomste begroting kon veel meer aan
maatskaplike projekte spandeer word.
Jaarliks word 'n samevatting van al Volkshulp 2000 se bates aan
mede-eienaars voorgelκ, sodat hulle op hoogte kan bly met
volksbesittings. Met groot dank aan ons Hemelse Vader kan dan ook getuig
word dat daar geen skulde op enige bates is nie met die uitsondering
van 'n huurkontrak of twee soos vir die voorraadstelsels by die winkels,
die fotostaatmasjien en telefoonstelsel. Die bate samevatting is
afsonderlik beskikbaar op aanvraag.
Meer detail van bogenoemde kan aangevra word by Volkshulp se
hoofkantoor. |