| |
|
Volkshulp 2000 is uitsluitlik afhanklik van ons goedgesinde volksgenote. Dis 'n
nie-winsgewende organisasie. Daar word deeglik rekord gehou van alle uitgifte - of dit nou
items, klere, enige ander hulpmiddel, of dan geldelike bydraes is. Statistiek word
bygehou, en maandeliks pligsgetrou vir
rekorddoeleindes saamgevat. Noukeurige finansiële beheer
verseker dat daar besigheidsgerig met volksgenote se geld gewerk word. Benewens deeglike
ouditering deur 'n onafhanklike ouditeur, word alle finansiële state by die Direkteur van
Fondsinsameling ter insae deur die publiek beskikbaar gestel. Elke Volkshulpkomitee, dwarsoor die land, het dan ook amptelik
magtiging, ingevolge die Wet op Fondsinsameling, om binne hul toegewysde areas,
namens Volkshulp 2000 te funksioneer.
Skakel gerus indien u onseker is oor die insamelaar. Oppas maar vir diegene wat die
welsynsentiment misbruik - vir eie gewin. Hou maar by die bekende instellings wat bereid
is om "in die middel van die nag" hul boeke vir u oop te maak.
Volkshulp 2000 se beheermaatreëls is daarop ingestel om elke donateur
se bydrae slegs tot die nastrewing van amptelike doelstellings aan te wend.
Gedurende Mei 1998 alleen, het die
waarde van hulpverlening aan minderbevoorregte volksgenote, R72 324.38 bedra. Vir die
afgelope drie maande in 1999: R 144 406.82. Die totaal vir die afgelope finansiële jaar
van 1998, het R639 874.50 beloop.
Hierdie hulpverlening is slegs t.o.v. Pretoria, en
sluit nie die 26 Volkshulpkomitees oor die land heen, se hulpverleningsuitgawes in nie.
Vir Volkshulp 2000 gaan dit om die SAAK en nie
die SAK nie!
KOM TOETS ONS!
Vir die nuutste inligting oor ons finansies, kan
u ons skakel by die kantoor.
Nuutste
Jaarverslag
|
|