With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 05Hoogtepunte 05Verarming 05Projekte 05Administrasie 05Bestuursraad 05Personeel 05Versoek 05Finansies 05Dankie 05Borge 05Hulpbronne 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
       
     
  Hoogtepunte die afgelope jaar 2005  
     
     
   

Die uitdrukking "Hoofkantoor word Streekkantoor" verdien sekerlik kwalifikasie. So-iets gebeur wanneer akkommodasie so beperk begin raak dat daar nie langer genoegsame ruimte vir elke personeellid is om by ‘n lessenaar te sit, of daar nie meer plek is waar vergader kan word nie. is meer as net aanduidings dat dit tyd begin raak om bykomende ruimte te bekom. Hierdie verskynsel is nog ‘n sigbare manifestasie van Volkshulp 2000 se uitbreiding en groei. Die allerantwoord sou sekerlik wees om ‘n groter gebou te betrek. Maar, met ons staande beleid van "geen skuld maak nie", was hierdie opsie nie haalbaar nie. Selfs die benutting van ruimte by die Volkshulpsentrum was nie naastenby voldoende nie en moes daar dringend na alternatiewe moontlikhede gekyk word. Die verkryging van ‘n woonstel naby Radio Pretoria met genoegsame konferensie- en administratiewe fasiliteite, was die antwoord. Selfs die Uitvoerende Direkteur het weer ‘n eie kantoor gehad. Hierdie fasiliteit is toe herdoop na die Hoofkantoor, terwyl die gebou te Steadlaan 246 na die Streekkantoor verander is. Geen verandering is gemaak in soverre dit die maatskaplike diens- of hulpverlening raak nie en ‘n meer leefbare omgewing waar werksgeluk ook weer ‘n rol kan speel, is vir almal moontlik gemaak.

Nog ‘n besondere hoogtepunt wat vermelding verdien, is die ongelooflike samewerking wat mede skenker-volksgenote bied. Hulle dra op velerlei wyses by tot die groei en sukses van hulle eie eiendom -Volkshulp 2000. Die hoeveelheid geskenkte items was dan ook die hoofrede vir die bogenoemde noodsaaklikheid vir bykomende akkommodasie. Hierdie is dan ook die grootste enkele rede vir die Snuffelwinkels se besondere suksesse. Begrip vir die beginsel waarop die Snuffelwinkels gegrondves is, is belangrik en word ook dit verderaan toegelig.

Die getal itemskenkings is so groot in omvang dat ons gedurende die jaar genoodsaak was om nog ‘n bakkie aan te skaf. Dit was nodig ten einde met ‘n betroubare voertuig items af te haal en dit ook van en na die Snuffelwinkels te vervoer. Dit was ‘n uitgawe wat noodsaaklikerwys aangegaan moes word ten einde voortgesette verliese te voorkom. Meneer Robert Hoffeldt van Hoffeldt Auto te Bronkhorstspruit het ‘n prominente en tegemoetkomende rol in die verkryging van ‘n betroubare bakkie gespeel. Hy het uit sy pad gegaan en ons ‘n meer as billike kooptransaksie aangebied. Vir hierdie winskoop is ons hom baie dank verskuldig. Sonder hierdie voertuig is ons verlore. Soos die geval is met alle bates behorende aan Volkshulp 2000, is ook ons voertuie volwaardig volksbesit.

Nog ‘n aanduiding van Volkshulp 2000 se groei is die waarneming dat die personeeltal toegeneem het van twee of drie persone enkele jare gelede, tot vandag se 23 persone wat vergoeding ontvang. Hierdie is ‘n sprekende bewys van Volkshulp 2000 se bydrae tot werkskepping en daarstelling van werksgeleenthede. ‘n Mens kan tereg die vraag vra of daar enige ander volksorganisasies is wat hierdie prestasie kan ewenaar.

Ofskoon nog vele ander hoogtepunte hierin vervat kan word, word volstaan met bostaande, met inbegrip van bykomende substansie verderaan.

 
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 05
Hoogtepunte 05
Verarming 05
Projekte 05
Administrasie 05
Bestuursraad 05
Personeel 05
Versoek 05
Finansies 05
Dankie 05
Borge 05
Hulpbronne 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible