With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 06Gebeure 06Hoogtepunte 06Projekte 06Maatskappy 06Administrasie 06Bestuursraad 06Personeel 06Finansies 06Borge 06Dankie 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
 

 

 
       
     
  Hoogtepunte vir die jaar 2006  
     
     
   
  • Toename in maatskaplike behoeftigheid

Tussen die groot aantal hoogtepunte wil ons graag net drie uitsonder. Die een uitstaande hoogtepunt die afgelope jaar moet enersyds wees, die onafwendbare toename in maatskaplike behoeftigheid en die aanvraag na voedsel, klere, verblyf en werk. Maar dan, gepaardgaande, die reaksie van volksgenote op oproepe om hulp ten einde hierdie verarming en enorme behoeftes aan te spreek. Benewens kontantbydraes, het vriende van heinde en verre harte en hande oopgemaak. Soveel so dat, in teenstelling waar kontantbydraes en itemskenkings in die verlede naastenby 'n gelykop inkomste verseker het, hierdie verhouding nou radikaal verander het. Die omsetting (te geldemaking) van itemskenkings na kontant, beloop tans 59.56% van die algehele inkomste van Volkshulp 2000. Hierdie gedeelte het baie duidelik die lewensaar van Volkshulp 2000 geword. Ongelukkig is dit ook so dat die Suid Afrikaanse Inkomstediens ons nie skotvry gaan laat kom nie. Die betaling van inkomstebelasting, asook BTW op geskenkte items is onafwendbaar. Dit maak vir sommiges in gesaghebbende gestoeltes seker maar net nie saak dat mens nie 'n geskenkte sak klere, of 'n houttafel kan eet nie – dat dit darem in 'n erkende kommoditeit waarmee gekoop kan word, omgesit moet word. Daar is immers ook vele ander maatskaplike projekte wat bedryf moet word – en allermins in die formaat van 'n vaste item of 'n sak klere.

Die tweede hoogtepunt moet toegeken word aan die Kersfunksie vir minderbevoorregte kindertjies wat gedurende November 2005 by die Pioniersmuseum te Silverton gehou is. Dit was ons eerste geleentheid in Pretoria en beloof om vanjaar veel groter te wees.

Al is daar reeds melding gemaak van die personeel van Volkshulp 2000 kan dit nie anders as om ook vir 'n ieder en 'n elk in die "hoogtepunt"-kategorie te plaas nie. Lees meer.

 
 

 

 
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 06
Gebeure 06
Hoogtepunte 06
Projekte 06
Maatskappy 06
Administrasie 06
Bestuursraad 06
Personeel 06
Finansies 06
Borge 06
Dankie 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible