Volkshulp 2000 beskik oor ‘n
indiensstellingskomponent wat ten doel het om te verseker dat aansoekers
om werk so gou moontlik met werkgewers in kontak geplaas kan word - en
visa-versa. Met die min personeel tot beskikking om hierdie omvattende
taak te verrig, word nogtans groot suksesse behaal. Weekliks word
gegewens oor poste wat beskikbaar is, en persone wat werk soek, oor
Radio Pretoria uitgesaai (volg
skakel na
Program Skedule). Na so ‘n uitsending moet daar maar bontgestaan
word om al die navrae te beantwoord. Dit moet beklemtoon word dat
hierdie diens heeltemal gratis is en kan gedagte moontlik daaraan gegee
word om voortaan ‘n dienstarief te hef. Die swaard oor die kop bly
natuurlik dat belasting en BTW betaalbaar sal wees sodra ‘n inkomste op
hierdie wyse verkry word.
Verdere verbetering in hierdie diens kan moontlik
bewerkstellig word deurdat daar met ander instansies en persone wat ook
reeds oor naastenby soortgelyke databasisse beskik, in verbinding getree
en samewerkingsooreenkomste ondersoek word. Enkele sodanige moontlikhede
is reeds onder die loep geneem.
Daar is gedurende die afgelope jaar R464 224 aan
werkskepping en die indiensstelling van persone spandeer, terwyl 650
persone vir betrekkings na werkgewers verwys is. Die terugvoering oor
suksesvolle plasings is egter nie so goed nie. Mense laat na om ons in
kennis te stel en die personeel by ons ontbreek om opvolgaksies te
onderneem.

 |
Volkshulp
2000 hoor baie graag van persone, besighede of organisasies wat
beskikbare poste het. Werkgewers word dringend versoek om van hul
beskikbare poste direk aan Volkshulp 2000 te stuur.
Asseblief werklike poste en nie skemas waarby inbetalings eers nodig
is, voordat persone 'n inkomste kan verdien nie.
Beide werkgewers
en werksoekers kan ook gerus gebruik maak van die
GRATIS Internet advertensie-diens
wat by die ADSA webwerf te kry is. Hoewel daar sekere voorwaardes is
waarvolgens die ADSA webwerf opereer, is daar geen kostes of verborge kostes aan verbonde
vir privaat persone nie. Die
ADSA webwerf probeer die
Volkshulp 2000 kliënte met die nodige respek hanteer. |