With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 99Noodhulp 99Projekte 99Versoek 99Finansies 99Dankie 99Borge 99

 

   Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 1999)

LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 1998 tot 28 Februarie 1999

 
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Inleiding 1999  
 

 

 
     
   


 
 

Dit voel onwerklik om te dink dat nog ‘n jaar alweer verby is. ‘n Jaar wat vreugde en teleurstellings gehad het, nie net vir ons Boerevolk nie, maar ook vir Volkshulp 2000. Daar was kere wat ons gewens het dat daar tog iets van iewers af sal kom. Ja, dit was nie elke dag maanskyn en rose nie, tog het ons so baie ontvang om voor dankbaar te wees. Ons Volkshulpvriende het ons gedra sodat ons kon uitreik na die talle minderbevoorregte vriende daar buite.

Indiepte verslaggewing oor alle aktiwiteite en projekte die afgelope boekjaar sal koste- en tydsgewys nie moontlik kan wees nie vanweλ die omvang daarvan. Daarom word in hierdie verslag slegs ‘n oorsig van die belangrikste aspekte gegee.

Volkshulp 2000 is onbeskaamd 'n volkseie welsynsinstelling wat alreeds in 1991 ontstaan het. Dit is 'n organisasie wat in belang en tot voordeel van ons talle minderbevoorregte volksgenote optree. Deur volgehoue ondersteuning van ons Boere Afrikaners stry ons die stryd teen kosgebrek, werkloosheid, woningnood en algemene maatskaplike nood.

Die kernbegrip by alle Volkshulp 2000-aktiwiteite is hulpverlening. Die konsentrasie-areas het twee baie prominente pilare.

Die een is die indiensstelling van werklose volksgenote, d.w.s. die bymekaarbring van werkgewers en werknemers. Wat van besondere belang is en 'n faktor wat Volkshulp 2000 onderskei van ALLE ANDER  indiensstellingsorganisasies, is die feit dat hierdie diens GRATIS gelewer word. Werkgewers word dringend versoek om van hul beskikbare poste direk aan Volkshulp 2000 te stuur. Asseblief werklike poste en nie skemas waarby inbetalings eers nodig is voordat persone 'n inkomste kan verdien nie.

Beide werkgewers en werksoekers kan ook gerus gebruik maak van die GRATIS Internet advertensie diens wat by die ADSA webwerf te kry is. Daar is geen kostes of verborge kostes aan verbonde nie. Aansoeke word gekeur. Die ADSA webwerf probeer kliλnte met die nodige respek te hanteer. Goeie eposkommunikasie is 'n vereiste.

Die ander een is die verlening van maatskaplike noodhulp. Hierby ingesluit is voedselvoorsiening, finansiλle ondersteuning waar geregverdig, en maatskaplike werkdienste. Hulpverlening is slegs moontlik indien daar genoegsame fondse is. Aangesien donasies van welwillende volksgenote die enigste bron van inkomste is, is ons dan ook van volksgenote afhanklik.

Dis maar alleen te danke aan daardie baie besondere ligpuntjies wat hulle op die Volkshulppad voordoen, wat as impetus dien en daartoe meehelp dat personeel steeds meer en harder werk om die al groterwordende branders van behoeftigheid onder ons mense die hoof te probeer bied.

Elkeen van die ondergemelde aspekte is sodanige "ligpunte" wat dit die moeite werd maak om steeds ‘n helpende hand na diegene wat minder bevoorreg as ekself is, uit te steek. Ons dank ons Ewige Vader vir Sy groot genade dat ons nog in staat is om te kan dien.

Vir meer inligting oor die Maatskaplike Noodhulp met voedsel sien asseblief :

Vir meer inligting oor die Projekte sien asseblief:

  • Slotgedagtes

    As ons terugkyk oor die jaar (1999) wat verby is, is daar soveel dinge om voor dankbaar te wees. Volkshulp 2000 het nog nooit geroem op volmaaktheid nie, maar dit wat gedoen kon word, is werklikwaar met oorgawe en met die hulp van Bo gedoen. Daar was en daar sal steeds foute begaan word, maar almal is bereid om deur hul foute te leer sodat ‘n beter diens aan die talle minderbevoorregte volksgenote gelewer kan word. Volkshulp 2000 is besig om van krag tot krag te vorder. Die versorgingsveld brei al wyer uit en die behoeftes neem met rasse skrede toe. Ons glo en is oortuig dat ons in die nuwe jaar steeds ons horisonne verder sal kan verskuif die nood onder ons volksgenote vereis dit. Sonder die ondersteuning van die publiek is al hierdie ideale egter tevergeefs. Mag ons dan ook altyd ons getroue donateurs se ondersteuning waardig wees.

    Opregte dank word uitgespreek teenoor elke Hoofbestuurslid, elke personeellid en ook elke Volkshulpkomitee vir al hul opofferings en harde werk die afgelope jaar. Sonder hierdie grootse bydraes sou geen suksesse kon realiseer nie en sou Volkshulp 2000 nie kon groei nie.

  • Jaarverslag 2005
  • Jaarverslag 2006

 

Nuutste Jaarverslag

 
     
   

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 99
Noodhulp 99
Projekte 99
Versoek 99
Finansies 99
Dankie 99
Borge 99

 

 

Tuis • Werfkaart • Debietorder • Inligting • Navrae • Jaarverslag 07 • Jaarverslag 06 • Inleiding 06 • Hoogtepunte 06 • Gebeure 06 • Projekte 06 • Maatskappy 06 • Administrasie 06 • Bestuursraad 06 • Personeel 06 • Finansies 06 • Borge 06 • Dankie 06 • Jaarverslag 05 • Inleiding 05 • Hoogtepunte 05 • Verarming 05 • Projekte 05 • Administrasie 05 • Bestuursraad 05 • Personeel 05 • Versoek 05 • Finansies 05 • Borge 05 • Hulpbronne 05 • Jaarverslag 99 • Inleiding 99 • Noodhulp 99 • Projekte 99 • Versoek 99 • Finansies 99 • Borge 99 • Dankie 99 •
Home • Sitemap • Emergency Aid • Debit Order • Information • Contact •


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible