With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpNoodhulp 06Snuffelwinkels 06Volkshulptuiste 06Volkshulpsentrum 06Indiensstelling 06Komitees 06SMS VOLK 06Volksaksies 06Kinderfonds 06Pampoenfees 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
 

 

 
     
     
  Komitees 2006  
     
     
   

 

 
 

Dis steeds ons grootste versugting om dwarsoor die land heen effektief-funksionerende Volkshulpkomitees of -werkers met 'n bepaalde OMGEE-gevoel in die hart te kan hê, wat na die behoeftes van minderbevoorregte volksgenote kan omsien. Vanweë vele probleme in die verlede het talle pogings in hierdie verband misluk. In die merendeel van gevalle gebeur dit dat die selfverrykingselement ongelukkig die hoogste prioriteit raak. Die welsynsveld leen hom, baie jammerlik, tot misbruik van skenkings, indien daar nie met absolute hiper-eerlikheid te werk gegaan word en effektiewe kontrole-maatreëls ingebou en nougeset toegepas word nie. Vandaar dat daar binne Volkshulp 2000 se algehele administrasie met deursigtigheid te werk gegaan word. Dit beteken kortliks dat Volkshulp 2000 se eienaars (donateurs en skenkers) eerstehands alle rekenkundige boeke kan nagaan en dan die werknemers onder die vergrootglas kan plaas, en verder, dat ons ons boeke ook jaarliks vir noukeurige ondersoek deur eksterne rekenmeesters en ouditeurs en selfs die staat beskikbaar stel.

Daar is wel ook ligpuntjies in hierdie verband. Daar is verskeie persone oor die land heen wat "hand opgesteek" en aangebied het om bv. as versamelpunte te dien. Tweedens word alle APK-gemeentes genader met versoeke vir uitreiking en samewerking op maatskaplike gebied. Hierdie poging geskied met die ondersteuning van die Sentrale Kerk-kantoor.

  • Wes-Rand (Die Zentgraf egpaar)

Daar is ook effektiewe kragte in bepaalde areas werksaam. Die uitstaande een is daar aan die Wes-Rand waar maatskaplike nood absoluut gedy. Gelukkig dan ook dat daar vriende soos meneer en mevrou Zentgraf is wat medevolksgenote in hul krisisse ondersteun en help. Dis hierdie kaliber persone wat ons graag oor die land heen wil sien funksioneer. Die volgende foto’s toon bv. hoedat kruideniersware en brood bekom is, verpak en gereed vir uitdeling as voedselpakkies is.

Volkshulp 2000: Kruideniersware en brood verpak en gereed vir uitdeling as voedselpakkies
Klik duimnael vir groter weergawe

Volkshulp 2000: Kruideniersware en brood verpak en gereed vir uitdeling as voedselpakkies
Klik duimnael vir groter weergawe

Opofferings is natuurlik ook aan die orde van die dag. Gebruikmaking van 'n privaatwoning om items te berg, is een so 'n opoffering. In sommige gevalle het Volkshulp 2000 wel ingetree en bv. 'n houthuisie ("Wendy"-huisie) laat oprig om die ergste bergingsprobleme die hoof te bied. Dis egter nie naastenby die antwoord nie. Effektiewe kantore met infrastrukture en logistieke voordele is die aller antwoord. Die kapitaal ontbreek egter.

 
     
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp 06
Snuffelwinkels 06
Volkshulptuiste 06
Volkshulpsentrum 06
Indiensstelling 06
Komitees 06
SMS VOLK 06
Volksaksies 06
Kinderfonds 06
Pampoenfees 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible