With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 06Gebeure 06Hoogtepunte 06Projekte 06Maatskappy 06Administrasie 06Bestuursraad 06Personeel 06Finansies 06Borge 06Dankie 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
     
   
 
 

 

 
  Maatskappystigting 2006  
 

 

 
       
   

Drie jaar gelede is aansoek gedoen om vrystelling van belasting by die SAID. 'n Donateur kan bv. 'n persentasie vrystelling op sy/haar belastingpligtige bedrag verkry, indien 'n donasie aan 'n instansie wat ingevolge Artikel 18a geregistreer is. Navrae van ons kant het die gevolg gehad dat die SAID Volkshulp 2000 geregistreer het vir die betaling van belasting. Ons argument is dat ons eenvoudig maar net 'n geskenkte item, wat nie dadelik gratis aan 'n behoeftige persoon gegee kan word nie, wil omskep in 'n ander kommoditeit (geld), waarmee ander projekte dan gefinansier kan word, was nie suksesvol nie. Mens kan immers nie 'n sak klere aan iemand gee om te eet nie. Daar kan ook nie bakstene gekoop word met 'n geskenkte tafel nie, ten minste, nie maklik nie.

Hierdie situasie het meegebring dat ons verskeie kenners (rekenmeester, ouditeur, regskenners, ander betroubare finansiële adviseurs en konsultante) betrek het om na oplossings te help soek. Feit was dat 'n "swaard" in die vorm van 'n belastingpligtigheid van ‘n baie groot bedrag oor Volkshulp 2000 se kop hang. Oor 'n lang tyd (bykans twee jaar) is samespreking op samespreking gevoer. Die kenners het nou soos volg voorgestel:

a. Ons het geen ander keuse as om voort te gaan met die aansoek by die SAID (Vrystellingskomponent) om belastingvrystelling nie. Dit geld natuurlik vir die liefdadigheidsbeen.(Volkshulp 2000)

b. Die ander been van die organisasie, naamlik die handeldrywende gedeelte (Snuffelwinkels) is dan die belastingpligtige entiteit. Die SAID beskou alle omsette van geskenkte items as "wins" waarop belasting – en gepaardgaande BTW – betaalbaar is.

c. In die lig van die voorgaande moet die bestaande Grondwet van Volkshulp 2000 aangepas word om aanvaarbaar te kan wees vir veranderde Inkomstewet veranderinge. (Selfs so onlangs as April 2006). Hiervoor is 'n konsultant se dienste verkry om die aanpassings/wysigings bespreek. Die implikasie hiervan is dat hierdie Grondwetwysiging afsonderlik aan 'n Spesiale Vergadering voorgelê sal moet word vir goedkeuring. Na verwagting so vroeg as Julie 2006. Hiervoor sal lede weer opgeroep moet word.

d. Dit wil voorkom asof net een Artikel 21 maatskappy gestig kan word en dat die twee bene (liefdadigheid en handelsgedeelte) rekenkundig los van mekaar gehou kan word. Dit sal dan vir Volkshulp 2000 die ruimte skep om voort te gaan met die aansoek om belastingvrystelling ingevolge die Artikel 18a klousule.

 
 

 

 
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 06
Gebeure 06
Hoogtepunte 06
Projekte 06
Maatskappy 06
Administrasie 06
Bestuursraad 06
Personeel 06
Finansies 06
Borge 06
Dankie 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible