Maatskaplike noodhulp
Daar word op daaglikse basis voedselpakkies aan
volksgenote wat daarom vra, by die Volkshulp 2000-Streekkantoor
voorsien. By bepaalde geleenthede word "voedseldae" ook by die
Volkshulpsentrum gehou.
Gemiddeld 25 kospakkies word elke dag aan
behoeftige persone/gesinne oorhandig. Volkshulp 2000 is dan ook
bevoorreg om oor OMGEE-vriende wat op gereelde basis o.a. mieliemeel
soos nodig voorsien, te beskik. Dis selde vir ons nodig om mieliemeel,
as basiese bestanddeel vir die kospakkies, aan te koop. So is daar ook
talle Volkshulpvriende wat as ligpuntjies na vore kom en voorrade
voedselitems bring vir uitdeling. Daar is selfs pragtige omgeevriende
wat persoonlik op gereelde grondslag by die Streekkantoor aandoen en
wagtende volksgenote met toebroodjies en iets warms te drinke bedien.
Dis hierdie goeie dade wat nie ongesiens verbygaan nie.