With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpNoodhulp 06Snuffelwinkels 06Volkshulptuiste 06Volkshulpsentrum 06Indiensstelling 06Komitees 06SMS VOLK 06Volksaksies 06Kinderfonds 06Pampoenfees 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
 

 

 
     
     
  Maatskaplike Noodhulp 2006  
     
     
    Die "nood"-element spreek vanself. Hierby is ingesluit die voedselpakkies wat deur die jaar aan behoeftige volksgenote uitgedeel word. Ongelukkig is hier nie 'n "onderhoudings"-gedagte gekoppel nie, vanweë die koste-aspek. Fondse is daar ongelukkig nie genoegsaam om op 'n kontinue basis voedselpakkies aan dieselfde gesin te oorhandig nie. En natuurlik voel ons sommer baie sleg om 'n gesin mee te deel dat dit nie algemene praktyk is om meer as net eenkeer per maand aan hulle 'n voedselpakkie te verskaf nie. Die getalle behoeftiges is eenvoudig net te oorweldigend. Daar is egter ook daardie "oog-toeknyp"-gevalle waar daardie kinderogies vir jou vra: "Help asseblief nog 'n keer…" Weier? Nee, dit kan mos tog nie… Dis waar ons absolute magteloosheid intree. Jy wil so graag, maar daar is eenvoudig net nie genoegsaam nie.

Gedurende die afgelope boekjaar is 3 735 voedselpakkies uitgegee. Teen 'n konserwatiewe geraamde koste van R150 per pakkie, beloop die waarde hiervan R560 250. By wyse van voorbeeld: Net minder as 10 000 kilogram mieliemeel (in gesinspakkies opgemaak) en ongeveer 7 000 blikkies boontjies in tamatiesous is aan gesinne toegedeel. Mieliemeel as stapelvoedsel speel ook in ons geval 'n belangrike rol. Die besondere toegeneentheid van verskeie individue verseker standhoudendheid van hierdie kommoditeit. Sonder om name te noem, kan beklemtoon word dat wonderlike persone soos dié van Naboomspruit wat maandeliks 'n besonder groot finansiële bydrae maak tot die aankoop van mieliemeel; verskeie boere van TLU SA wat op gereelde basis mieliemeelskenkings doen; en sommer vriende van oraloor.

  • Velerlei fasette van die Maatskaplike noodhulp

Maatskaplike noodhulp omvang velerlei fasette. Dit kan wees klerasie, ameublement, kontant (ofskoon slegs in hoog uitsonderlike gevalle), woonplek, hulpverlening op verskeie ander terreine.

  • Kwaliteit van die voedselpakkies      

Die kwaliteit van die voedselpakkies blyk verder daaruit dat daar weekliks deur verskeie instansies brood voorsien word, selfs tuisnywerhede wat soetighede, vleisrolletjies en ander lekkernye verskaf. Verder: vars en gevriesde groente, vrugte en vars vleis, word op gereelde basis deur wonderlike, goedgesinde en omgee-vriende na ons gebring vir uitdeling. Weereens sal dit onregverdig wees om name te noem. Vele van hierdie vriende wil glad nie hul name genoem hê nie en verkies om anoniem te bly. Nogtans gaan hierdie dade nie ongesiens verby nie. En ons sê namens al die volksgenote wat by hierdie kospakkies en voedsel baat, baie dankie aan hulle wat ons in staat stel om wel hierdie toedelings te kan doen.

 
     
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp 06
Snuffelwinkels 06
Volkshulptuiste 06
Volkshulpsentrum 06
Indiensstelling 06
Komitees 06
SMS VOLK 06
Volksaksies 06
Kinderfonds 06
Pampoenfees 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible