| |
|
Om 'n vinnige oorsig oor ons werksaamhede
van die tydperk van 1 Maart 1998 tot 28 Februarie 1999 te kry
lees die onderstaande. As meer gedetailleerde inligting verlang word
besoek:
- Een van die
Jaarverslag vir 1999 se afdelings:
Die verlening van maatskaplike noodhulp behels die volgende:
- Voorsien voedsel en kospakkies waar broodgebrek ervaar word. Dit geld vir
individue en gesinne. Meer as 26 Volkshulp-komitees
landwyd is hiermee gemoeid.
Ons deeltydse maatskaplike werkster het in
Pretoria, ook as deel van haar take, die uitdeel van kospakkies in verdienstelike gevalle.
Die voedselnood raak nou so kritiek dat daar liefs eersdaags 'n "sopkombuis" in werking
gestel gaan word. Voorsien voedsel aan
instansies soos ouetehuise, skole en dies meer.
- Voorsiening van klerasie op
individuele basis en ook grootmaat aan geselekteerde instansies.
- Waar moontlik, die betaling van brandstof, tydelike verblyf,
koshuisgeld, huurgeld, lenings, individuele noodgevalle, en vele ander.
Om hierdie hulp so goed moontlik aan te bied, is daar ook
verskeie projekte wat ons
deurlopend hanteer en ondersteun. Help ons bou aan 'n volwaardige
volkseie welsynsinstelling, wat alle fasette van ons maatskaplike
terreine ondervang. Ons kinders, senior burgers en alle minderbevoorregtes het u
welwillendheid, ondersteuning en hulp nodig. Sonder u hulp en bystand kan ons nie 'n
welsynsdiens lewer nie!
BELANGRIK
Daar is
verskillende wyses waarop vriende tot die verligting van ons minderbevoorregte Volksgenote
se NOOD kan bydra. Moontlikhede is o.a.:
*************************
Voedsel bly maar die item wat die grootste in
aanvraag is, dit wil sê, waar die maatskaplike behoeftes die felste is.
Natuurlik het die gebrek aan voedsel ook sy oorsprong onder andere by die
toenemende werkloosheid van ons mense. Daar is egter ook groot
persentasies maatskaplike pensioentrekkers wat nie naastenby met hul
pensioene van R500 per maand in woning-, mediese- en kosbehoeftes kan
voorsien nie.
Hulle wat ons op straat sien, is maar ‘n klein persentasie van die
massa wat agter geslote deure worstel om iets op die tafel te plaas of die
koue van ‘n wintersnag af te weer. Die kospakkie wat uitgereik word is
nie luuks nie; dit kan slegs in die basiese behoeftes vir ‘n paar dae, of
‘n week voorsien. Hierdie kospakkie, hoewel
gering, kos geld en is daar ‘n konsekwente maandelikse groei in hierdie
uitgawe. Vergeleke met ander instansies, is hierdie kospakkie inderdaad
iets besonders en kan op die kwaliteit daarvan geroem word.
Die uitgawe vir die noodsaaklike en onafwendbare aankoop van
blikkieskos het gestyg tot meer as R2000 per
maand. Die uitdeel van kospakkies aan verdienstelike gevalle bly egter ‘n
tydelike uitkoms en word gepoog om slegs eenmalig te help. Dit is egter
nie altyd moontlik nie en word werklik verdienstelike gevalle selfs meer
as eenkeer gehelp. Die druk op Volkshulp 2000 gaan nog groter word soos
meer en meer van ons volksgenote hulle werk verloor. Hierdie bly ‘n
netelige probleem wat deurentydse aandag verdien. Skenkings van
blikkieskos sal die las en uitgawes aansienlik verlig. Die respons op
periodieke versoeke oor Radio Pretoria om bydraes tot o.a. die projek
"blikkieskos" het bewys dat sulke versoeke nie op dowe ore geval het nie.
Daar was altyd positiewe reaksie.
Die volgende is voedselskenkings wat as milde bydraes van skenkers
beskou kan word, en waarvoor ons nie alleen baie dankbaar was en is nie,
maar waarsonder ons nooit sou kon klaarkom nie
- Mieliemeel
Alhoewel mieliemeel nie op ‘n
geredelike grondslag ontvang word nie, bly ons steeds dankbaar vir
daardie vriende wat sulke skenkings doen. Hierdie is die stapelvoedsel
van ons minderbevoorregtes, en kan ons nooit genoeg mieliemeel ontvang
nie. Daar is dan ook van tyd tot tyd ‘n beroep oor Radio Pretoria gedoen
as ons werklik ‘n krisis ondervind het. Ons is dankbaar om te kan meld
dat vele vriende wat die versoek gehoor het, spontaan en dadelik
gereageer het. Voorwaar ‘n wonderlike voorreg om sulke getroue vriende
te kan hê.
- Pampoene

Volkshulp 2000 was besonder gelukkig om heelwat pampoene te ontvang. Die
skenkers was persone uit die ou Oos-Transvaal tot ver in die
Wes-Transvaal. Hoewel die afstande wat ons moes ry vêr was, was dit deur
en deur die moeite werd. Pampoene kan lank gebêre word, en kon groot
voorrade deur die verskillende organisasies opgegaar word vir latere
gebruik.
- Kool
Anders as die pampoene, gaan kool gou af
en lok dan vlieë wat groot probleme kan skep. Kool was werklik in
tonnemaat ontvang en kon daar bykans nie voorgebly word met die
uitdeling daarvan nie. Die idee is gekry dat die inlê van kool mettertyd
‘n heerlike tydverdryf geword het. Natuurlik dan ook ‘n praktiese manier
om voorsiening te maak vir die maer tye. Ons bly egter dankbaar teenoor
almal wat vir ons kool geskenk het.
- Aartappels
‘n Bekende maatskappy het vir
ons 23 ton aartappels geskenk. Hierdie aartappels was nie die gewone
aartappels wat ons ken nie, maar wel ‘n pers tipe wat gebruik word vir
die maak van aartappelskyfies (die droë tipe). Hierdie produkte kon wyd
versprei word sodat mense in die uithoeke van Pretoria en omgewing ook
in die "feesvieringe" kon deel. Ons besondere dank en waardering aan
hierdie firma wat ook ander produkte gedurende die jaar aan ons en ook
aan die ouetehuise, geskenk het. Dit sou wonderlik wees as sulke
skenkings van vars produkte op ‘n deurlopende grondslag ontvang kon
word.
Bederfbare produkte
- ‘n Bekende maatskappy skenk bykans elke 3 maande produkte wat wissel
van babakos tot lekkergoed aan Volkshulp 2000. Hierdie skenkings is van
besondere waarde en stel dit ons in staat om in die groot nood van ons
kinders en verswakte bejaardes te voorsien. Baie van die produkte kom
ook handig te pas by die kospakkies wat uitgedeel word.
- Ook aan hulle wat by geleentheid sommer ‘n hele bees skenk. ‘n Baie
groot dankie!
Wat sou ons daarsonder kon doen?
Nuutste
Jaarverslag
|
|