| |
|
'n Baie groot persentasie van krediet kom die personeel van 'n
suksesvolle organisasie toe. Sonder effektiewe personeel kan die werk
immers nie na behore gedoen word nie. Ook in Volkshulp 2000 se geval
moet krediet gegee word aan personeel wat hul beste lewer, ten spyte
daarvan dat daar nie sprake van markverwante salarisse is nie.
Weens die gesondheidstoestand van
die Direkteur van
Volkshulp 2000, moet voorsiening gemaak word vir kontinuiteit van
Volkshulp 2000. Dit is essensieel dat die korrekte persoon
rekenaargeletterd, personeelkundig, ekonomies-onderleg, 'n uitgesproke
Christen met 'n duidelike volksgevoel, en oor bemarkingsagtergrond
beskik, diplomaties, kunssinnig, meelewend wees, oor 'n vermoë beskik om
suiwer taal te gebruik en vlot oor die radiomedium te voer, en selfs
ander kwaliteite moet beskik. Iemand met al hierdie kwaliteite is baie
moeilik bekombaar. So iemand is toe bekom en het die Hoofbestuur verlede
jaar goedgekeur dat mev. Annelize Jansen van Vuuren aangestel en opgelei
word om as waarnemende Direkteur op te tree, wanneer die Direkteur nie
beskikbaar is nie. Nodeloos om te sê dat sy haar uitmuntend van haar
taak kwyt. Veral die vele nuwe inisiatiewe waarmee sy reeds vorendag
getree het, kan as 'n noodsaaklike en "vars briesie" tot voordeel van
Volkshulp 2000, gesien word.
- Groei van personeelgetalle
Die groei van Volkshulp 2000 word ook in sy personeeltal weerspieël.
Tans word daar aan 28 gesalarieerdes werk gebied. Ons weet van geen
ander volkseie organisasie wat dit kan ewenaar nie. Alles dui daarop dat
die maatskaplike nood al groter afmetings gaan aanneem. Die nuwe jaar
sal bewys lewer of inkomste diensooreenkomstig sal kan styg om die
toenemende uitgawes te kan dek. |
|