With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 99Noodhulp 99Projekte 99Versoek 99Finansies 99Dankie 99Borge 99 Voedsel 99Skenkers 99Vergeet-my-nie 99

 

   Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 1999)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 1998 tot 28 Februarie 1999  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Projekte 1999  
 

 

 
     
   

Om 'n vinnige oorsig oor ons projekte gedurende 1999 te kry, lees die onderstaande. As meer gedetailleerde inligting verlang word besoek:

  • Een van die Jaarverslag vir 1999 se afdelings:
    Die volgende projekte is deurlopend van belang:
  • Projek Voedsel
    Dit is  Volkshulp 2000 se belangrikste en noodsaaklikste projek.
    • Projek Blikkieskos:
      Daardie "bykomende" blikkie kos wat aangekoop word, of wat al lank in die kombuiskas staan.
    • Projek "Sopkombuis"
      Die projek is 'n nuwe toevoeging en wil bydra tot voedselhulp.
  • Projek Werkskepping
    • Projek Fokus Buro 2000
  • Projek Worsbroodjiewaens:
    Twee van hierdie waentjies word as werkskeppingsprojekte aan twee entrepreneurs beskikbaar gestel.
  • Projek Warmslaap:
    Komberse, beddegoed, warm klere
  • Projek Pophuis:
    'n Pophuis wat uitgeloot word. Die opbrengs is ten bate van 'n kersboom geleentheid vir ons arm kinders in Newlands en Claremont, Johannesburg.
  • Projek Kleingeld:
    'n Fonds-insameling vir daardie "oorskiet"-kleingeld wat op die bedkassie beland wanneer die broeksakke of handsak leeggemaak word.
  • Projek Kleinfontein:
    Volkshulp 2000 doen ook sy deel wat betref die ontwikkeling van ons "volkstaat" te Kleinfontein. Verskeie woonstelle en 'n kliniek is al voltooi, en is reeds in gebruik geneem.
  • Projek Klere-herwinning:
    Entrepreneurs wat as "agente" vir Volkshulp 2000 funksioneer, en hul eie besighede bedryf
  • Projek CVO-Skole:
    Finansiële hulpverlening aan verskeie CVO-skole en -koshuise, asook die RVO.
  • Projek Ouetehuis
  • Projek Vergeet-my-nie
    Vergeet-my-nie seëls

Projekte

  • Klere
    • Ons Volkshulpvriende het, soos in die verlede, weer gesorg dat daar nooit ‘n tekort aan somer- of wintersklere was nie. Klere is daagliks in redelike hoeveelhede ontvang, en kon Volkshulp 2000 dit weer deurgee na verskillende instansies om die nood, veral onder ons bejaardes, te verlig. Daar is egter ondervind dat daar ‘n aansienlike afname is in die klereskenkings die afgelope paar maande. Die voorsiening van klere bly een van ons belangrikste funksies, en derhalwe kan ons nooit genoeg dankie sê daarvoor nie.
    • Die belangrikheid van die klereprojek spreek vanself wanneer die volgende onder oë geneem word:

Dit het ‘n drieledige doel, naamlik, skepping van werksgeleenthede en entrepreneurskappe vir werklose volksgenote: die voorsiening in kledingbehoeftes; en die generering van ‘n inkomste vir doeleindes van die aankoop van kruideniersware vir die kospakkies wat voorsien word.

Die volgende feitelike gegewens spreek vanself: Die klereprojek het gedurende die afgelope jaar ‘n inkomste van R78 202.42 meegebring. Sonder hierdie klereprojek sou daar ‘n daling van 12.35% in die inkomste uit debietorders en donasies, vergeleke met die vorige finansiële jaar gewees het. Danksy die inkomste wat die klereprojek gegenereer het, was daar ‘n inkomstegroei van 7.15%.

Vergelyk ook "FINANSIES" verderaan.

Volkshulpwerkers

  • Elkeen van die 26 Volkshulpkomitees oor die land heen word as ‘n onmisbare geïntegreerde deel van die moederorganisasie beskou en hanteer. Aangesien elkeen van hulle se omstandighede uniek is, word hulle ook as afsonderlike entiteite/ projekte gerespekteer.
  • Die Volkshulpwerkers werk deurgaans onder druk om die nood van ons minderbevoorregtes te verlig. Die verslegtende ekonomiese toestande bring mee dat die armblankevraagstuk daagliks groter word. Ernstige voedsel- en behuisingsnood word ondervind. Gevalle is bekend waar ‘n hele gesin snags in ‘n motor of onder die blote hemel slaap. Verskillende verteenwoordigers was, of is steeds, ernstig siek. Nogtans het hulle voortgegaan om hulp aan minderbevoorregtes te bied, asook om die nood op ander terreine te help verlig. Sonder hierdie getroue staatmakers kan Volkshulp 2000 nie sy taak verrig nie.

Die Volkshulpsentrum

  • Die aankoop van ‘n winskoop- vyfslaapkamerhuis in Jan Niemandpark, maak die deur oop vir die akkommodering van ‘n hele paar bejaardes wat nie in ander staatsgesubsidieerde ouetehuise plek kan vind nie. Daar is nog opknappingswerk wat afgehandel moet word voordat ‘n paar bejaardes daar opgeneem kan word. Hierdie poging is maar ‘n klein, maar uiters noodsaaklike begin. Daar sal in ‘n toenemende mate voorsiening vir ons eie bejaardes gemaak moet word. As Volkshulp 2000 dit nie doen nie, kan ons tereg vra: wie sal dit vir ons bejaardes doen?
  • Met hierdie projek betree Volkshulp 2000 voorwaar ‘n geweldige uitdagende en ook opwindende terrein wat sonder ons volksgenote se daadkragtige ondersteuning nie suksesvol kan wees nie. Die voorvereiste van gemeenskapsbetrokkenheid by dit wat ons eie, en dus kosbaar is, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Indiensstellings

  • Die indiensstelling van volksgenote is een van Volkshulp 2000 se belangrikste doelstellings. Vanselfsprekend sal mens graag ALLE aansoekers om werk in diens geplaas wil sien. Die beskikbare en aangebode poste is ongelukkig net nie voldoende nie.
  • Gedurende die afgelope jaar het 569 mans en 194 dames vir Volkshulp 2000 in Pretoria genader om in diens geplaas te word. Daar is in die ooreenstemmende tyd 396 werksgeleenthede aangebied. Werksoekers op ons databasis is na al hierdie werksgeleenthede verwys. Weens gebrekkige terugvoering van werkgewers kan daar nie bepaal word hoeveel verwysde gevalle suksesvol in diens geplaas is nie.
  • Die enkele "ligpuntjies", d.w.s. daardie gevalle waar positiewe terugvoering gegee word, die is gelukkig ook daar. Dit geld ook wanneer ‘n werkgewer skakel en sy/haar tevredenheid met die werkvermoë van ‘n verwysde geval betoon.
  • Werkgewers word dringend versoek om inligting van hul beskikbare poste direk aan Volkshulp 2000 te stuur. Asseblief werklike poste en nie skemas waarby inbetalings eers nodig is voordat persone 'n inkomste kan verdien nie. Beide werkgewers en werksoekers kan ook gerus gebruik maak van die GRATIS Internet advertensie diens wat by die ADSA webwerf te kry is. Daar is geen kostes of verborge kostes aan verbonde nie. Aansoeke word gekeur. Die ADSA webwerf probeer Volkshulp 2000 se kliënte met die nodige respek hanteer. Goeie eposkommunikasie is 'n vereiste.

Finansies

  • Donateurs het sonder uitsondering die reg om navraag oor die toedeling en aanwending van hul bydraes te doen.
  • So in retrospeksie, verdien die mate van realisering van die 1998/99 begroting duidelike uiteensetting. Dis belangrik om daarop te wys dat hierdie inkomstebegroting op naastenby dieselfde prinsiep as dié van ‘n kerkgemeente beplan word. Dit bly steeds ‘n moeilike saak om te skat hoedat die bydraes van die publiek vir die volgende jaar gaan toe- of afneem.
  • In kort, dui die volgende uiteensetting aan hoedat die verwagtinge gerealiseer het en ook wat die vooruitskattings vir die 1999/2000-boekjaar sal wees.

 

   

1997/1998

1998/1999

1999/2000

INKOMSTE DONASIES R320 964.96 R28 1 869.09 R400 000.00
  DEBIETORDERS R109 958.00 R101 677.50 R140 000.00
  KLEREPROJEK R0.00 R78 202.42 R80 000.00
UITGAWES PERSONEEL R2 630.00 R27 999.05 R68 200.00
  ADMINISTRASIE R285 621.37 R356 840.01 R201 000.00
  BEMARKING R28 419.18 R33 644.89 R42 000.00
  PROJEKTE R245 159.42 R429 206.10 R340 000.00

Verdere navrae is welkom

  • Uit die bostaande inkomstegegewens sal opgemerk word dat finansiële bydraes van die publiek afgeneem het met 13.87%, terwyl die inkomste uit debietorders met 8.14% verminder het. Die inkomste uit die klereprojek het die balans tot ‘n mate herstel sodat daar in totaal, baie naby gekom is aan die oorspronklike geskatte inkomsteverhoging van 10% vir die 1998/99-boekjaar.
  • Alles inaggenome, was die afgelope finansiële jaar ‘n goeie en geslaagde een. Die Here was nogeens goed vir ons gewees.
  • Daar word met groot graagte ook verslag oor die uitgawes gedoen, sodat daar self geoordeel kan word of daar té rojaal met bydraes te werk gegaan is, of nie. Die versekering word gegee dat besparings en beperkings op finansiële uitgawes nie ten laste van ons minderbevoorregte volksgenote gelê is nie, maar dat die personeel deur middel van baie harde werk, lang ure en groot opofferings, onder andere personeeluitbreidings voorkom het.

Kleinfontein

  • Volkshulp 2000 het ook op direkte wyse sy deel in belang van die Boere-Afrikaner gedoen deur sy aktiewe betrokkenheid by Kleinfontein as selfbeskikkingsentiteit.
  • Twee van die woonstelle behorende aan Volkshulp 2000 word tans nog verhuur, terwyl die kliniek ook bykans in volle werking is. Die kliniek en jonkmanswoonstelle voorsien in ‘n steeds groeiende behoefte en word wel deeglik benut

Nuutste Jaarverslag

 
     
       

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 99
Noodhulp 99
Projekte 99
Versoek 99
Finansies 99
Dankie 99
Borge 99

Voedsel 99
Skenkers 99
Vergeet-my-nie 99

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible