With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpNoodhulp 06Snuffelwinkels 06Volkshulptuiste 06Volkshulpsentrum 06Indiensstelling 06Komitees 06SMS VOLK 06Volksaksies 06Kinderfonds 06Pampoenfees 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
     
     
     
  SMS VOLK— Fondsinsamelingsveldtog vir Volkshulp 2000  
     
     
   
  • Versending van 'n telefoonboodskappie

Een van die meer nuwerwetse metodes vir fondsinsameling is onlangs deur ons in werking gestel. Dit geskied deur middel van die versending van 'n telefoonboodskappie (sogenaamde SMS) met behulp van 'n sakfoon. Meer spesifiek, die insleuteling van 'n kodewoord (vierletterwoord) genaamd VOLK, ná die nommer 38585.

  • Vir so min as R10

Hierdie metode bied vir elkeen wat oor 'n sakfoon beskik en wat bereid is om die klein bedraggie van so min as R10 by te dra tot die verligting van ons talle minderbevoorregte volksgenote se toenemende armoede en maatskaplike nood, 'n geleentheid om gerieflik, op maklike wyse sonder enige inspanning 'n bydrae tot hierdie omvangryke welsynstaak te maak. Dis 'n geleentheid om ook ons Bybelse opdrag om na die weduwees en wese om te sien, uit te voer. Daarbenewens kan elkeen selfs verder help deur net hierdie boodskap/versoek ook aan vriende, familie, bure, oor te dra. Ons wil glo dat hierdie inisiatief deur 'n Hoofkantoor-personeellid sommer besondere goeie gevolge in terme van fondsgenerering sal hê. Verder vertrou ons dat alle Volkshulpvriende daadkragtig sal meewerk en aan hierdie poging 'n goeie hupstoot sal gee.

Wat veral verblydend is van die resultate van hierdie besondere insamelingsmetode, is dat daar persone is wat inskakel en sê dat R10 as bydrae te min is en dan aanbied om bv. dadelik R10 000 in ons bankrekening in te betaal. Ander weer, sal aanbied om eerder 'n maandelikse debietorder van bv. R100 per maand te teken. Kortom dus: Die fondsinsamelingspoging blyk 'n sukses te kan wees. Soveel te meer indien die bemarking daarvan verder gestimuleer kan word. Bygesê: Met die hulp en ywerige ondersteuning van goedgesinde medevolksgenote.

 
 
   

Volkshulp 2000 begin vanjaar sommer vroeg al met sy jaarlikse Kersfondsinsamelingsaksies.

Ons pak hierdie insamelingspoging op ‘n heel nuwerwetse wyse aan, en wel deur middel van die versending van ‘n telefoonboodskappie met behulp van ‘n sakfoon. Meer spesifiek: die insleuteling van ‘n kodewoord (vierletterwoord) genaamd

VOLK

na ‘n baie maklike nommer, tewete,

38585

Hier is vir ELKEEN wat oor ‘n sakfoon beskik en wat bereid is om die ou klein bedraggie van so min as R10,00 by te dra tot die verligting van ons talle minderbevoorregte volksgenote se toenemende armoede en maatskaplike nood. Hier is nou die geleentheid om ook ons Bybelse opdrag om na die weduwees en wese om te sien, uit te voer.

Ons vra vandag baie MOOI: Neem gerus deel aan hierdie spesiale poging. En as u kans sou sien om selfs net EENKEER ELKE maand die bedraggie van R10,00 aan die verligting van minderbevoorregte volksgenote se nood te bestee, skakel {m.a.w., "SMS"} dan gerus net die kodewoord

VOLK

na die nommer

38585

en dra sodoende op baie maklike wyse by tot hierdie Volkshulpsaak.

Ons het u ondersteuning DRINGEND NODIG

By voorbaat BAIE DANKIE.

U kan selfs verder help deur net hierdie boodskap/versoek ook aan u vriende, familie, bure, oor te dra. Ja, selfs deur die volgende boodskap aan sulke kennisse te "SMS".

Skenk R10 of meer aan VOLKSHULP 2000 om ‘n kindjie se magie vol te maak. "SMS" bloot die 4 letters VOLK en versend na die no 38585.

U kry selfs per "SMS" dan nog ‘n "dankie" ook terug. Vir nog ‘n "dankie", druk "send" vir elke R10 wat u wil stuur. Dalk kan dit nog ‘n kombersie ook voorsien!

 
 

 

 
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp 06
Snuffelwinkels 06
Volkshulptuiste 06
Volkshulpsentrum 06
Indiensstelling 06
Komitees 06
SMS VOLK 06
Volksaksies 06
Kinderfonds 06
Pampoenfees 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible