With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpHulpdienste 05Indiensstelling 05Komitees 05Noodhulp 05Snuffelwinkels 05Volkshulpsentrum 05Volkshulptuiste 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
     
  Snuffelwinkels 2005  
     
     
  VH 2000: Skenk asb. babaklere vir ons snuffelwinkels.

Die basiese beginsel om van ‘n gedeelte van oortollige geskenkte items en klere te gelde te maak, het ‘n meerledige oorsprong.

Eerstens val die klem op "oortollig". Dit dui op daardie items en klere wat nie dadelik vanweë geen behoefte daaraan nie, aan behoeftige volksgenote beskikbaar gestel word.

 
 


Hierdie "ophoping" van items (met gepaardgaande akkommodasietekorte) word dan, met die toestemming van die skenker, omgesit in ‘n geldwaarde ten einde fondse te genereer sodat die velerlei maatskaplike projekte en –dienste befonds kan word. ‘n Verdere belangrike faktor is dat die hoofdoel van Volkshulp 2000, naamlik om werk te skep en volksgenote in diens te plaas, nagestreef word. Die bedryf van vier Snuffelwinkels word deur hierdie projek verseker. Sowat 17 persone word net deur hierdie projek van ‘n gereelde maandelikse inkomste verseker.

Itemskenkings van velerlei aard het inderdaad Volkshulp 2000 se belangrikste inkomstebron – nee, lewensaar - geword. Dit is egter so dat die inkomste hieruit, vorentoe belasbaar gemaak word en heel waarskynlik tot die orde (volgens ons ouditeur) van R400 000 op vanjaar se syfers. Dit word gebaseer op die sogenaamde "wins" wat die winkels genereer. Verduidelikings dat mens nie ‘n sak klere aan iemand kan gee om te eet nie, vind nie inslag nie. Nie almal verstaan (wil verstaan) die Snuffelwinkelkonsep nie. Dis egter heel elementêr: Die belangrikste mikpunt van die Snuffelwinkels (behalwe dié van werkskepping), is om ‘n (geskenkte) kommoditeit om te sit in ‘n erkende betaalmiddel (geld) sodat mens daarmee kos kan koop en ander maatskaplike projekte en dienste kan finansier.

Die verpligte belastingbetaling soos hierbo gemeld, beteken vir Volkshulp 2000 ‘n inkomstedaling van honderde duisende rand per jaar, wat meer as net ‘n gevoelige slag vir ons en ons hulpverleningsinisiatiewe sal wees. Voorwaar interessante tye wat ons voor die deur lê! Vergelyk ook Algemene Administrasie

 
     

Tuis • Home
Op • Up
Hulpdienste 05
Indiensstelling 05
Komitees 05
Noodhulp 05
Snuffelwinkels 05
Volkshulpsentrum 05
Volkshulptuiste 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible