Hierdie "ophoping"
van items (met gepaardgaande akkommodasietekorte) word dan, met die
toestemming van die skenker, omgesit in ‘n geldwaarde ten einde fondse
te genereer sodat die velerlei maatskaplike projekte en –dienste befonds
kan word. ‘n Verdere belangrike faktor is dat die hoofdoel van Volkshulp
2000, naamlik om werk te skep en volksgenote in diens te plaas,
nagestreef word. Die bedryf van vier Snuffelwinkels word deur hierdie
projek verseker. Sowat 17 persone word net deur hierdie projek van ‘n
gereelde maandelikse inkomste verseker.
Itemskenkings van velerlei aard het inderdaad
Volkshulp 2000 se belangrikste inkomstebron – nee, lewensaar - geword.
Dit is egter so dat die inkomste hieruit, vorentoe belasbaar gemaak word
en heel waarskynlik tot die orde (volgens ons ouditeur) van R400 000 op
vanjaar se syfers. Dit word gebaseer op die sogenaamde "wins" wat die
winkels genereer. Verduidelikings dat mens nie ‘n sak klere aan iemand
kan gee om te eet nie, vind nie inslag nie. Nie almal verstaan (wil
verstaan) die Snuffelwinkelkonsep nie. Dis egter heel elementêr: Die
belangrikste mikpunt van die Snuffelwinkels (behalwe dié van
werkskepping), is om ‘n (geskenkte) kommoditeit om te sit in ‘n erkende
betaalmiddel (geld) sodat mens daarmee kos kan koop en ander
maatskaplike projekte en dienste kan finansier.
Die verpligte belastingbetaling soos hierbo gemeld,
beteken vir Volkshulp 2000 ‘n inkomstedaling van honderde duisende rand
per jaar, wat meer as net ‘n gevoelige slag vir ons en ons
hulpverleningsinisiatiewe sal wees. Voorwaar interessante tye wat ons
voor die deur lê! Vergelyk ook
Algemene Administrasie