With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 05Hoogtepunte 05Verarming 05Projekte 05Administrasie 05Bestuursraad 05Personeel 05Versoek 05Finansies 05Dankie 05Borge 05Hulpbronne 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
       
     
  Verarming 2005  
     
 

Hoe kan die verarmingsproses hok geslaan word?

Enkele moontlikhede

 
     
       
   

"Verarming" is weliswaar nie die antoniem vir "hoogtepunte" (hierbo) nie, maar vir hierdie doeleindes sal ons vergeef word indien dit as teenpool vir hoogtepunte gesien word.

Die toenemende verarmingsproses in Suid-Afrika word prominent en wyd deur die media gedra en geniet deesdaags wye aandag en belangstelling. Die getalle wat ter sprake kom, is op sigself ontstellend, want melding word selfs daarvan gemaak dat die getal blankes in Suid Afrika wat onder die broodlyn lewe, die ontstellende perk van 430 000 oorskry het. Hoe dit ook al sy, elkeen voel dit deesdae aan hulle sakke en die bekommernis neem net toe. ‘n Segsman van TLU het pas verlede week hard en duidelik verklaar dat die staat se grondhervormingsprogram sal meebring dat daar binne tien jaar in toue gestaan sal moet word svir voedselpakkies, want voedselproduksie sal nie naastenby aan die behoeftes voldoen nie.

Alles dui daarop dat die toekoms van ons volk in hierdie land in terme van verdere verarming van ons mense ook verdere ongekende hoogtes gaan bereik. Kenners skilder donker prentjies. Diegene met vaste inkomstes soos pensioenarisse, siviel en maatskaplik, gaan toenemend en jaar na jaar onder nuwe ekonomiese druk kom, eenvoudig omdat jaarlikse pensioenverhogings nie naastenby tred hou met algemene prysverhogings nie. Al meer en meer donateure van Volkshulp 2000 skryf mooi verskonende briefies waarin hulle meedeel dat opbrengste uit beleggings sodanig afneem dat ‘n finansiële bydrae aan Volkshulp 2000 net nie meer moontlik is nie. Daar is so pas weer sprake van die verlaging van rentekoerse. ‘n Verdere kommerwekkende nuusmededeling vir diegene wat van ‘n inkomste uit hul beleggings afhanklik is. Een eenvoudige vragie: Hoe kan ‘n maatskaplike pensioenaris met geen familie wat kan help nie, ‘n bestaan voer op R740 per maand? Die eenvoudige antwoord: Dis nie moontlik nie.

  • Gevolge van sogenaamde "affirmative action"

Die gevolge van sogenaamde "affirmative action" (werkloosheid en verarming) het ‘n verdere allerverskriklike gevolg: Die normale gesinslewe word uitmekaar geruk. Die man moet meermale ‘n werk elders (ver weg van sy gesin) aanvaar. Tuis kan die moeder nie die huishouding alleen hanteer nie. Toenemende gevalle kom voor waar moeders hulle dienste aan welgestelde besigheidsmanne in bv. Soweto aanbied. Vele ander voorbeelde van die verskriklike gevolge van werkloosheid op ‘n gesinslewe kan uitgelig word, maar die ruimte daarvoor ontbreek. Die dagblaaie en tydskrifte verleen wye dekking hieraan.

  • Die effek van die volksverarming op Volkshulp 2000

Mens kan voortgaan en nog vele areas wat die verarmingsproses meehelp, uitlig. Die punt is egter reeds gemaak dat verarming ‘n aktualiteit is en in wese onomkeerbaar. Die effek daarvan op Volkshulp 2000 se inkomste in terme van omskepping in hulpverleningsaksies, is insgelyks onrusbarend. Dis in gevalle soos hierdie waar Ps. 37:5 inderdaad ‘n lewensriglyn is: "Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom…….". En dan die vaste wete: Hy sal wel sorg…… soos so véle kere al in die verlede.

 
     
  Hoe kan die verarmingsproses hok geslaan word?  
     
       
   
  • Mede volksgenote ondersteuning

Die antwoord hierop: Deur onsself. Bedoelende, deur mede volksgenote, want niemand anders gaan namens ons die groterwordende probleem adresseer nie. Die Staatspresident het hom onlangs duidelik van Statistiek SA gedistansieer en gesê dat die amptelike werkloosheidsyfer in Suid Afrika van 26.9%, oftewel 4,4 miljoen mense, nie korrek is nie. Die voortvloeisel hiervan in terme van verarming, word insgelyks afgemaak as nie korrek te wees nie. In ‘n resente dagbladberig is dit duidelik gestel dat die owerheid dit besonder moeilik vind om die realiteite aan te spreek en nog meer moeilik om verantwoordelikheid vir die werklikheid van armoede, werkloosheid en misdaad te aanvaar. Feit is, ons by Volkshulp 2000 het daagliks met die realiteite te make. Ons sien armoede in sy felste vorm en word met die werklose en die honger persoon/gesin gekonfronteer. Dis ons wat moet sê: Hierdie klein kospakkie is ongelukkig al wat ons het. En verder: Gaan heen. Gaan raak versadig………. .

Dit is ‘n voldonge feit dat dit net nie moontlik is dat slegs een organisasie wat geen staatshulp ontvang nie, ooit in staat sou kon wees om ‘n volk se verarming te stop nie. Die omvang daarvan het reeds in der mate gegroei dat kitsklare remediëring daarvan nie moontlik is nie. Dit sal aanvaar moet word dat toegang tot miljarde rande, wat benodig word om hierdie volk se allerdringendste behoeftes te bevredig, ‘n mite is. Glad nie moontlik nie. Daarom moet maar gesoek word na alternatiewe oplossingsmoontlikhede. Die volgende is enkele moontlikhede waaraan indringende aandag gegee kan word.

Enkele moontlikhede

Kerke en gemeentes sal in toenemende mate na vore moet tree en ‘n groter hulpverlenende kleim in die probleemoplossende proses moet afsteek. Sekerlik, optrede in die eerste instansie binne die eie gemeente self en daarna, hulpverlening aan aangrensende gemeentes, na gelang die behoeftes en omstandighede dit noodsaak. Hier val die klem op ‘uitreiking’ en nie op ‘wagtende’ nie. Volkshulp 2000 sal inderdaad self in groter maat meedoen en ook op die gebied van koördinering hulp, in sover dit benodig word, verleen.

Intensiewer bemarkingspogings. Dit is so dat die publiek landswyd nog nie na behore betrek kon word nie. Advertensiekoste is hoog en moet die besluit dikwels geneem word om òf geld vir behoeftebevrediging aan te wend, òf om op die konvensionele wyse te adverteer. Die betrekking van ‘n gesoute bemarker is moontlik die aangewese uitweg en sal dit in oorweging geneem word.

Benewens die bekendheidsfaktor, m.a.w. die bekendheid van Volkshulp 2000 landswyd, sal die publiek se deelname ook op groter skaal gestimuleer moet word. Die moontlikheid van debietorderwerwing met ‘n gepaardgaande kommissiebetaling vir elke debietorderbydraer wat gewerf word, behoort ‘n aanloklike aansporingsmiddel te wees. Vergelyk die situasie betreffende die getal aktiewe debietorders. Elkeen wat dit in die hart ervaar om andere in nood te help, moet na vore kom sodat die probleem kollektief aangespreek kan word.

 
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 05
Hoogtepunte 05
Verarming 05
Projekte 05
Administrasie 05
Bestuursraad 05
Personeel 05
Versoek 05
Finansies 05
Dankie 05
Borge 05
Hulpbronne 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible