| |
LW.
Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart
2004 tot 28 Februarie 2005 |
|
| |
|
|
| |
Nuutste
Jaarverslag |
|
| |
|
|
| |
|
|
|
| |
|
|
| |
Verarming 2005 |
|
| |
|
|
| |
Hoe kan die verarmingsproses hok
geslaan word?
Enkele moontlikhede
|
|
| |
|
|
| |
|
|
|
| |
|
"Verarming" is weliswaar nie die antoniem vir
"hoogtepunte" (hierbo) nie, maar vir hierdie doeleindes sal ons vergeef
word indien dit as teenpool vir hoogtepunte gesien word.
Die toenemende verarmingsproses in Suid-Afrika word
prominent en wyd deur die media gedra en geniet deesdaags wye aandag en
belangstelling. Die getalle wat ter sprake kom, is op sigself
ontstellend, want melding word selfs daarvan gemaak dat die getal
blankes in Suid Afrika wat onder die broodlyn lewe, die ontstellende
perk van 430 000 oorskry het. Hoe dit ook al sy, elkeen voel dit deesdae
aan hulle sakke en die bekommernis neem net toe. ‘n Segsman van TLU het
pas verlede week hard en duidelik verklaar dat die staat se
grondhervormingsprogram sal meebring dat daar binne tien jaar in toue
gestaan sal moet word svir voedselpakkies, want voedselproduksie sal nie
naastenby aan die behoeftes voldoen nie.
Alles dui daarop dat die toekoms van ons volk in
hierdie land in terme van verdere verarming van ons mense ook
verdere ongekende hoogtes gaan bereik. Kenners skilder donker
prentjies. Diegene met vaste inkomstes soos pensioenarisse, siviel en
maatskaplik, gaan toenemend en jaar na jaar onder nuwe ekonomiese
druk kom, eenvoudig omdat jaarlikse pensioenverhogings nie naastenby
tred hou met algemene prysverhogings nie. Al meer en meer donateure
van Volkshulp 2000 skryf mooi verskonende briefies waarin hulle
meedeel dat opbrengste uit beleggings sodanig afneem dat ‘n
finansiële bydrae aan Volkshulp 2000 net
nie meer moontlik is nie. Daar is so pas weer sprake van die
verlaging van rentekoerse. ‘n Verdere kommerwekkende nuusmededeling
vir diegene wat van ‘n inkomste uit hul beleggings afhanklik is. Een
eenvoudige vragie: Hoe kan ‘n maatskaplike pensioenaris met geen
familie wat kan help nie, ‘n bestaan voer op R740 per maand? Die eenvoudige
antwoord: Dis nie moontlik nie.
- Gevolge van sogenaamde
"affirmative
action"
Die gevolge van sogenaamde
"affirmative action"
(werkloosheid en verarming) het ‘n verdere allerverskriklike gevolg: Die
normale gesinslewe word uitmekaar geruk. Die man moet meermale ‘n werk
elders (ver weg van sy gesin) aanvaar. Tuis kan die moeder nie die
huishouding alleen hanteer nie. Toenemende gevalle kom voor waar moeders
hulle dienste aan welgestelde besigheidsmanne in bv. Soweto aanbied.
Vele ander voorbeelde van die verskriklike gevolge van werkloosheid op
‘n gesinslewe kan uitgelig word, maar die ruimte daarvoor ontbreek. Die
dagblaaie en tydskrifte verleen wye dekking hieraan.
- Die effek van die volksverarming op
Volkshulp 2000
Mens kan voortgaan en nog vele areas wat die
verarmingsproses meehelp, uitlig. Die punt is egter reeds gemaak dat
verarming ‘n aktualiteit is en in wese onomkeerbaar. Die effek daarvan
op Volkshulp 2000 se inkomste in terme van omskepping in
hulpverleningsaksies, is insgelyks onrusbarend. Dis in gevalle soos
hierdie waar Ps. 37:5 inderdaad ‘n lewensriglyn is: "Laat jou weg aan
die Here oor en vertrou op Hom…….". En dan die vaste wete: Hy sal wel
sorg…… soos so véle kere al in die verlede.
|
|
| |
|
|
| |
Hoe kan die
verarmingsproses hok geslaan word? |
|
| |
|
|
| |
|
|
|
| |
|
- Mede volksgenote ondersteuning
Die antwoord hierop: Deur onsself. Bedoelende, deur
mede volksgenote, want niemand anders gaan namens ons die groterwordende
probleem adresseer nie. Die Staatspresident het hom onlangs duidelik van
Statistiek SA gedistansieer en gesê dat die amptelike werkloosheidsyfer
in Suid Afrika van 26.9%, oftewel 4,4 miljoen mense, nie korrek is nie.
Die voortvloeisel hiervan in terme van verarming, word insgelyks
afgemaak as nie korrek te wees nie. In ‘n resente dagbladberig is dit
duidelik gestel dat die owerheid dit besonder moeilik vind om die
realiteite aan te spreek en nog meer moeilik om verantwoordelikheid vir
die werklikheid van armoede, werkloosheid en misdaad te aanvaar. Feit
is, ons by Volkshulp 2000 het daagliks met die realiteite te make. Ons
sien armoede in sy felste vorm en word met die werklose en die honger
persoon/gesin gekonfronteer. Dis ons wat moet sê: Hierdie klein
kospakkie is ongelukkig al wat ons het. En verder: Gaan heen. Gaan raak
versadig………. .
Dit is ‘n voldonge feit dat dit net nie moontlik is
dat slegs een organisasie wat geen staatshulp ontvang nie, ooit in staat
sou kon wees om ‘n volk se verarming te stop nie. Die omvang daarvan het
reeds in der mate gegroei dat kitsklare remediëring daarvan nie moontlik
is nie. Dit sal aanvaar moet word dat toegang tot miljarde rande, wat benodig
word om hierdie volk se allerdringendste behoeftes te bevredig, ‘n mite
is. Glad nie moontlik nie. Daarom moet maar gesoek word na alternatiewe
oplossingsmoontlikhede. Die volgende is enkele moontlikhede waaraan
indringende aandag gegee kan word.
Enkele moontlikhede
Kerke en gemeentes sal in toenemende mate na vore
moet tree en ‘n groter hulpverlenende kleim in die probleemoplossende
proses moet afsteek. Sekerlik, optrede in die eerste instansie binne die
eie gemeente self en daarna, hulpverlening aan aangrensende gemeentes,
na gelang die behoeftes en omstandighede dit noodsaak. Hier val die klem
op ‘uitreiking’ en nie op ‘wagtende’ nie. Volkshulp 2000 sal inderdaad
self in groter maat meedoen en ook op die gebied van koördinering hulp,
in sover dit benodig word, verleen.
Intensiewer bemarkingspogings. Dit is so dat die
publiek landswyd nog nie na behore betrek kon word nie. Advertensiekoste
is hoog en moet die besluit dikwels geneem word om òf geld vir
behoeftebevrediging aan te wend, òf om op die konvensionele wyse te
adverteer. Die betrekking van ‘n gesoute bemarker is moontlik die
aangewese uitweg en sal dit in oorweging geneem word.
Benewens die bekendheidsfaktor, m.a.w. die
bekendheid van Volkshulp 2000 landswyd, sal die publiek se deelname ook
op groter skaal gestimuleer moet word. Die moontlikheid van
debietorderwerwing met ‘n gepaardgaande kommissiebetaling vir elke
debietorderbydraer wat gewerf word, behoort ‘n aanloklike
aansporingsmiddel te wees. Vergelyk die situasie betreffende die
getal
aktiewe debietorders. Elkeen wat dit in die
hart ervaar om andere in nood te help, moet na vore kom sodat die
probleem kollektief aangespreek kan word.
|
|
| |
|
|
| |














|