With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpDRINGEND! 05Help verdien 05Wie en wat 05Omgee-Brosjure 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Help en Verdien 2005  
 

 

 
 
Belangrikste projekte waarvoor fondse benodig word:

Gedeelte van die VOLKSHULPTUISTE. Huisvesting soos hierdie wil ons graag verbeter en menswaardige omstandighede wat aan die opheffingsproses stukrag kan verleen, moontlik maak.
     
 

Verdienste Aanbod

 
     
VOLKSHULP 2000 wil so in die aanloop na die komende Kerstyd, ‘n spesiale poging van stapel stuur waardeur –
  • fondse ter bekamping van die Blanke armoedevraagstuk gegenereer kan word; en
  • elkeen wat ‘n debietorderbydraer vir Volkshulp 2000 werf, terselfdertyd vir hom- of haarself ‘n herhalende inkomste VIR DRIE MAANDE LANK kan verseker.

Ons nooi almal wat ‘n OMGEE en DEERNIS vir mede volksgenote wat op maatskaplike gebied maar noustrop trek, uit om deel te neem aan hierdie besondere PROJEK waarmee ons poog om fondse te in, maar terselfdertyd vir elke deelnemer/werwer van ‘n debietorderbydraer ‘n GEWAAR-BORGDE INKOMSTE VIR DRIE VERDERE MAANDE BIED.

Volkshulp 2000 is ‘n volwaardige VOLKSAAK. Ons bydraers is mede eienaars van Volkshulp 2000 en elke bydrae is ‘n belegging in die bydraer se eie saak en belang. Die voortgang van alle maatskaplike projekte in belang van ons minderbevoorregte volksgenote, hang af van al ons gewaardeerde OMGEE-vriende wat dit vir ons moontlik maak om die liefdadigheidsdiens te lewer.

   
 

DIE AANBOD:

 

Ons wil in die proses van werwing van debietorderbydraers vir Volkshulp 2000, terselfdertyd vir die werwer van so ‘n debietorderbydraer, ‘n 25% kommissie op die betrokke bedrag laat toekom. Maar ons gaan selfs VERDER. Hierdie bedrag kan vir die werwer dieselfde HERHALENDE bedrag VIR DIE VOLGENDE DRIE MAANDE in die sak bring. Kan u u indink welke gerieflike inkomste vir ‘n aktiewe werwer op hierdie wyse gegenereer kan word? Die enigste voorwaarde, natuurlik, is dat daardie debietorder vir minstens die volgende drie maande in stand gehou sal word.

   
Wat moet u doen om deel te neem:
  • Vir aanlynaansoeke maak soos volg:
    • Vul u persoonlike besonderhede hieronder volledig in en STUUR net eenvoudig die aanlynaansoek.
    • As u nie binne 10 dae erkenning van u aansoek ontvang het nie, skakel asb. die Volkshulpkantoor om seker te maak dat u aansoek aandag geniet.
       
  • Vir slakkepos aansoeke maak soos volg:
    • Skakel Volkshulp 2000, sodat die vorms (debietorders sowel as algemene inligting oor Volkshulp 2000) aan u beskikbaar gestel kan word.
    • Besorg die ingevulde debietorder tesame met u gegewens by die adres hieronder vermeld.

      Inligting
      DIE DIREKTEUR, VOLKSHULP 2000, Posbus 11824, Queenswood, 0121.
      Tel: (012) 333 5906 // Faks: (012) 333 6422
      Webadres: http://volkshulp.arkpark.net

 
     
  Belangrike versoek: Vertel asseblief u bure, vriende en familie van hierdie aanbod. Lig hulle asseblief ook verder in oor Volkshulp 2000 en dat ELKEEN wat ons help om ons minderbevoorregte volksgenote in hul maatskaplike en ekonomiese nood te help, inderwaarheid SELF help om daardie nood te verlig. TESAME (d.w.s. met u hulp) sal ons wel die steeds toenemende swaarkry van ons mense kan verlig. ONS MAAK STAAT OP U.  
     
     
  Help-en-Verdien Aansoek  
     
   

Navrae oor die Help-en-Verdien Aansoek? Skakel die kantoor of stuur 'n Inligtingsversoekvorm om te hoor of hierdie aanbod nog van toepassing is.

Maak asseblief dubbel seker die inligting wat u verskaf is korrek. BAIE DANKIE.

** Nodige inligting

**Naam:

**Epos:

Epos2:

**Telefoon:

Sakfoon:

Posadres:

Vrae / Kommentaar:

        

 
       

Tuis • Home
Op • Up
DRINGEND! 05
Help verdien 05
Wie en wat 05
Omgee-Brosjure 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible