| |
|
Soos vorige jare bly die versoeke vir hulp net al hoe meer opstapel en word
die rye van persone wat hulp soek al hoe langer. Ons pleit by u vir hulp om ons
minderbevoorregtes uit hulle nood te probeer help. In hierdie tyd, kan u maar
verseker weet, het die nood baie meer uitgebrei en erger geraak. Ons hoor graag
van u as u ons wil ondersteun met dienste, beskikbare poste, geldelike bydraes
of donasie. Klere, voedsel, meubels, verblyf en allerlei ander nuttige en nodige
artikels is baie welkom. Wees verseker van ons grootste waardering.
Versoek om finansiële
ondersteuning
Die besef is duidelik dat die maatskaplike nood wat ons poog
om te verlig, so hoog is en die maatskaplike behoeftes akkumuleer so vinnig, dat ons maar
"met die hoed in die hand" voor u kom staan met die pleitroep om hulp.
|
Hierdie is ‘n Volkshulp 2000
OMGEE - VERSOEK
GEE U OM VIR ONS MINDERBEVOORREGTES?
Indien u antwoord JA is en u
voel dit in die HART, dan sal ons BAIE DANKBAAR wees indien u vir
ons met die volgende kan help:
|
Klere vir dames, dogters,
seuns, babas - almal. |

|
 |
Alle bruikbare meubels (Ons doen selfs
herstelwerk aan yskaste, stowe en ander elektriese
apparate. Sodoende het ‘n werklose volksgenoot weer ‘n
INKOMSTE!)
|
|
Alle bruikbare elektriese
ware
Komberse, lakens, slope,
gordyne
Breekware |

|
 |
VOEDSEL
Enige voedsel
Vrugte en groente,
blikkieskos, brood, rys, meel, mieliemeel, suiker, ens.
|
|
Indien u die behoefte voel
om ons Afrikaner-/Boerevolk se
volksbesit-welsynsinstelling behulpsaam te wees, hoor ons
baie graag van u. |
|
| As u by die kantoor gaan kuier, vra vir hierdie vormpie om in te
vul |

Kliek duimnael vir groter weergawe |
Nuutste
Jaarverslag
***************************************
Vir 'n voorbeeld van vorige versoeke, kyk by
Versoek 99, waar u meer inligting
sal kry oor vorige jare se knelpunte.
|
|