With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpInleiding 99Noodhulp 99Projekte 99Versoek 99Finansies 99Dankie 99Borge 99

 

   Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 1999)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 1998 tot 28 Februarie 1999  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Versoek 1999  
 

 

 
     
    Soms word daar 'n versoekskrif aan organisasies gestuur vir hul ondersteuning. So 'n brief word verskaf om twee redes
  • Om belangstellendes in te lig van die feite rondom die maatskaplike nood in Suid-Afrika
  • Om die besoeker meer in te lig oor hulp en projekte wat dalk nie in ander dele van die webwerf genoem is nie.

***************************************

Aansoek om finansiële ondersteuning

Die besef is duidelik dat die maatskaplike nood wat ons poog om te verlig, so hoog is en die maatskaplike behoeftes akkumuleer so vinnig, dat ons maar "met die hoed in die hand" voor u kom staan met die pleitroep om help.

Hieronder verstrek ons met graagte sekere belangrike inligting oor Volkshulp 2000, asook enkele van die heel belangrikste projekte wat tans aan die uitvoer is, of wat nog in die pyplyn is.

Agtergrond

Volkshulp 2000 is ‘n liefdadigheidsorganisasie sonder winsoogmerke. Dit bestaan reeds sedert 20 Julie 1991 en is ‘n geregistreerde fondsinsamelingsorganisasie ingevolge die Wet op Fondsinsameling, 1978. Daar is reeds 26 Volkshulpkomitees (takke van Volkshulp 2000) dwarsoor die land. Hierdie vrywillige Komitees werk gratis en slegs vir die liefde van die saak. Geen staatsubsidie word ontvang nie. Volkshulp 2000 se enigste inkomste is bydraes komende van die publiek. Vergelyk ook die inligtingsbrosjure, asook ‘n pamflet waarin verdere inligting verstrek word.

Maatskaplike Hulp (Waaronder voedselnood)

  • Soos u self bewus is, neem die maatskaplike behoeftes, waaronder ernstige gevalle van broodsgebrek, daagliks toe. Die aanvraag om voedsel is so ernstig, dat ons nie eers daarin slaag om al die noodsaaklikste en dringendste aansoeke om voedsel aan te spreek nie. Die aanvraag oorskry eenvoudig die aanbod (voedsel beskikbaar) by verre.
  • Kospakkies, klere en ander items word aan huisgesinne en individue wat weens o.a. regstellende aksie werkloos is en in baie gevalle geen huisvesting meer het nie, voorsien. Hierdie persone word dan ook as ‘n bepaalde indiensstellingsprojek (een van ons doelstellings) geregistreer en word gepoog om so iemand weer in ‘n werk geplaas te kry. Hierdie diens word dan ook heeltemal gratis gelewer.

Projekte en Dienste

As welsynsinstelling probeer ons die volle maatskaplike werkterrein met die minimum personeel dek. Dit sal duidelik blyk indien in ag geneem word dat slegs 2.6 voltydse eenhede ‘n hoofkantoor, geïntegreerde streekkantoor en 25 gedesentraliseerde takke moet beheer en laat funksioneer. Daar is derhalwe ‘n geweldige aantal projekte, groot en klein, kort-, medium- en ook langtermynprojekte, wat ondervang word. Daar is so ‘n wye verskeidenheid dringende behoeftes, dat daar nie eers gepoog sal word om te prioritiseer nie. Slegs enkele van die belangrikste projekte en dus behoeftes, word vir hierdie doel uitgelig.

Maatskaplike werk

  • Vir die hele Pretoria, asook 25 ander areas (dorpe, stede, voorstede) landswyd waar Volkshulpkomitees bestaan is daar slegs EEN deeltydse maatskaplike werkster in diens. Sy werk slegs twee dae per week. Hieruit sal duidelik blyk dat haar gevallelading eerstens die aanvaarde gevalleladingnorm vir sommer by verre oorskry en is daar nie eers naastenby ‘n vergelyking te tref nie. Tweedens, is dit ook aksiomaties dat die een werkster skaars die "punt van die ysberg" kan aanspreek.
  • Die maatskaplike en sosio-ekonomiese behoeftes neem sulke radikale afmetings aan, op die allerminste, nog drie voltydse maatskaplike werksters moet bykry. Sonder finansiële ondersteuning van elders af, is so-iets uiteraard nie moontlik nie.

Vervoermiddel

  • ‘n Welsynsinstelling is verlore sonder ‘n eie vervoermiddel. Geskenkte voedselprodukte, klerasie, meubels en inderdaad enige item, moet op deurlopende basis vervoer word. Tot dusver stel die persoon in beheer sy persoonlike voertuig gratis vir dié doel beskikbaar. Wanneer dit nie moontlik is nie, word werklose private persone wat wel oor sulke voertuie beskik, as deel van ‘n werkskeppingsprojek betaal om goedere op te laai of dit by ander ouetehuise en inrigtings af te lewer.
  • Sodra die Volkshulpsentrum ( huis vir die versorging van bejaardes) teen einde Julie 1999 gereed is, sal ook ons bejaardes as deel van ‘n sosialiseringsprojek, op gereelde grondslag na ander besienswaardighede vervoer moet word. Hiervoor is ‘n mikrobus ‘n noodsaaklikheid.
  • Soos uit bostaande afgelei kan word, is ‘n sterk genoeg mikrobus wat ook ‘n groot sleepwa kan trek, iets wat werklik in ‘n kolossale en dringende behoefte sal voorsien.

Volkshulpsentrum

  • Soos die geval is met vele ander projekte wat in die geloof aangepak en ‘n suksesverhaal tot gevolg gehad het, het ons nou ook kans gesien om (sonder staatsubsidies) ‘n eie versorgingsentrum vir ons bejaardes tot stand te bring.
  • ‘n Baie ou, maar groot huis wat op drie erwe geleë is, is te Jan Niemandpark in Pretoria aangekoop. Dit word nou gerestoureer en sal binnekort gereed wees sodat die eerste bejaardes (sowat 12) hul intrek kan neem.
  • Gesien teen die agtergrond dat sovele bestaande ouetehuise met gepaardgaande staatsondersteuning kwalik die mas kan opkom, kan tereg gevra word hoedat Volkshulp 2000 so ‘n inrigting sal kan laat funksioneer sonder enige subsidie. Ook hierdie sentrum sal ‘n liefdesprojek wees wat vir ons minderbevoorregte bejaardes ‘n warm tuiste moet kan bied. Vir Volkshulp 2000 is hierdie derhalwe net ‘n "uitgaweprojek" wat uit beskikbare fondse gedelg sal moet word. Met die loodsing van spesifieke ander projekte sal gemeenskapsbetrokkenheid noodwendig verkry moet word. Ons voel geroepe om iets vir ons bejaardes te doen. Die maklikste sal natuurlik gewees het om agteroor te sit en ‘n "laat-maar-gaan" —benadering in te neem.
  • Behalwe vir al die restourasiewerk wat gedoen moet word net om die woonhuis weer leefbaar te kry, is daar uiteraard ‘n groot behoefte aan meubels, ‘n groot stoof, baddens, wasbakke, en sommer nog tientalle ander items.

Woningnood

  • ‘n Verdere maatskaplike behoefte wat kommerwekkende afmetings aanneem, is die nood vir woonplek. Dis eenvoudig hartverskeurend om ‘n gesin met klein kindertjies langs ‘n dam, met swart sakke as enigste skuiling, te gaan besoek. Dis nou mense wat in ‘n eie R300 000,00-huis gewoon en ALLES verloor het. Mense wat beter gewoond was.
  • Op hierdie stadium word gevalle soos hierbo, gratis in ou tente en woonwaens gehuisves. Geld om hierdie soort noodhuisvesting aan te koop, is daar ongelukkig nie en maak ons maar staat op skenkings van die publiek.
  • Die beskikbaarheid van ‘n stukkie grond (plot) wat vir velerlei doeleindes benut kan word, sal die antwoord op vele vrae kan verskaf. Sementstene wat met die hand gemaak word, kan gebruik word om klein huisies te bou. Terselfdertyd kan ‘n groenteboerdery op kommersiële basis bedryf word. Ook in hierdie geval sal die geloof ‘n prominente rol speel. Iemand moet IETS doen. Volkshulp 2000 is bereid daartoe.

Worsbroodwaentjie

  • Soos hierbo gemeld, neem die voedselnood ook ongekende afmetings aan. Dientengevolge het ons as ‘n loodsprojek, ‘n tweedehandse worsbroodjiewaentjie aangekoop met die doel om dit as ‘n soort "sopkombuis" te gebruik.
  • Die basiese gedagte is om die waentjie op gesette dae na ‘n spesifieke area wat deur die maatskaplike werkster geïdentifiseer is, te trek en dan op daardie dag gratis etes aan minderbevoorregtes te voorsien. Die waentjie word deur ‘n Volkshulp 2000- personeellid gereed gemaak en dit sal binne die volgende week in bedryf gestel kan word. Indien dit suksesvol blyk te wees, sal ons graag nog verskeie sulke soortgelyke projekte wil begin.
  • Interessant is dit dat daar heelparty vrywillige vriende is wat hierdie waentjies gratis vir Volkshulp 2000 sal bedien.

SLOT

  • Soos uit meegaande begroting vir 1999/2000 sal blyk, is daar nog tientalle ander projekte wat ook indringende aandag verg. In hierdie voorlegging het ons maar net op die belangrikste in die Pretoria-area gefokus.
  • Aangeheg hierby vind u ook die Jaarverslag vir 1998/1999, asook die vorige jaar se geouditeerde finansiële state. Weens ongesteldheid van ons ouditeur is die afgelope jaar se geouditeerde state nog nie gereed nie. Hierdie voorlegging is juis in afwagting daarvan, vertraag. Dit sal egter aan u voorgelê word waarskynlik binne die volgende week.
  • Ons dank u vir ‘n "luisterende oor" en vertrou op u goedgunstige oorweging.

Nuutste Jaarverslag

 
     
 

 

 

Tuis • Home
Op • Up
Inleiding 99
Noodhulp 99
Projekte 99
Versoek 99
Finansies 99
Dankie 99
Borge 99

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible