| Van al die projekte wat Volkshulp
2000 hanteer is ons "Voedselprojek" die mees noodsaaklikste, en van
kardinale belang. Dit sluit in die verkryging, beskikbaarstelling
en verspreiding van voedsel. Toenemende voedselnood word al hoe erger ervaar. Kos is die
mees primκre behoefte. Sonder kos kan mense nie lewe nie, daarom is die beskikbaarheid
van voedsel so absoluut belangrik.
Ons organisasie is en bly afhanklik van welwillende donateurs. Die
vreugde en dankbaarheid van die wat baat vind by sulke grootmaatskenkings is moeilik te
beskryf. So het Volkshulp 2000 barmhartige Samaritane wat ons ondersteun met grootmaat voedsel.
Voorbeelde van voedselskenkings
is:

Hierdie skenkings stel ons in staat om ons projekte Blikkieskos en
"Sopkombuis" aan die gang te hou.
"Sopkombuis"Volkshulp 2000 se
"sopkombuis" is 'n
worswaentjie (karavaantjie) wat tans ingerig word, om op strategiese plekke in en om
Pretoria GRATIS voedsel aan die minderbevoorregte volksgenote voorsien.
Hulp vir hierdie projek sal baie waardeer word.
Nuutste
Jaarverslag
|