With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpHulpdienste 05Indiensstelling 05Komitees 05Noodhulp 05Snuffelwinkels 05Volkshulpsentrum 05Volkshulptuiste 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
     
  Volkshulpsentrum 2005  
     
     
 

Die Volkshulpsentrum is ‘n klompie jare gelede met baie edel motiewe daargestel om enkele maatskaplike pensioenarisse wat nog selfversorgend is, se laaste aantal jare ‘n tydperk van ware geluk en vrede te maak. Die Sentrum kan ongelukkig weens hoofsaaklik finansiële omstandighede nie na sy volle potensiaal benut word nie.

In hierdie geval beskik Volkshulp 2000 oor die akkommodasie en die fasiliteite, maar die fondse ontbreek om al die kamers met senior burgers te vul. Dit kom basies daarop neer dat, vir elke inwoner wat opgeneem word, voorsiening gemaak moet word vir minstens R2000,00 per maand – vir so lank as wat daardie inwoner daar sou aanbly. By gebrek aan hulp soos bv. ‘n konstante inkomste in die vorm van bv. ‘n subsidie waarop maandeliks gereken kan word, kan ons dit op hierdie stadium net nie bekostig om die Volkshulpsentrum te vul nie. Dan is dit natuurlik ook so dat ons nie afhanklik van die staat wil wees nie.

Ook in hierdie geval sal daar met Kerke en gemeentes in verbinding getree word ten einde ‘n groter mate van betrokkenheid gevestig te kry. Die borging van ‘n individu of twee deur so ‘n gemeente sal wondere kan verrig.

 
     
     
     
 
 

Foto's van die Volkshulpsentrum

 
Klik op die duimnaels vir groter weergawes
     
Fotobeskrywing 1 Fotobeskrywing 2 Fotobeskrywing 3
     

 

Fotobeskrywings:

Foto 1: Foto geneem vanuit die straatkant.Toon die voorkant van een gedeelte van die Volkshulpsentrum. Hierdie is die nuutste gedeelte. Voorsiening is hier gemaak vir nog 6 kamers. In finale fase van ontwikkeling.

Foto 2: Foto geneem vanuit die straat.Toon die voorkant van een gedeelte van die Volkshulpsentrum.

Foto 3: Die voortuin van die Volkshulpsentrum.

Foto 4: Die nuutste gedeelte van die Volkshulpsentrum – meer eksplisiet. Die moterhuisdeur sal mettertyd verwyder en vervang word met nog ‘n venster.

Foto 5: Annelize van Vuuren in die tuin van die Volkshulpsentrum.

Foto 6:  Gedeelte van een van die badkamers. Die bad is in hierdie geval so geplaas dat ‘n bejaarde van weerskante af met die badproses, asook die in-en-uitklim gehelp of ondersteun kan word.

Foto 7: Gedeelte van die eetkamer by die Volkshulpsentrum.

Foto 8: Tannie Nellie se kamer. Tannie Nellie is ons oudste inwoner. Sy is verskriklik lief vir naaldwerk. Een gedeelte van haar (groot) kamer is ingerig met haar naaldwerkmasjien.

Foto 9: Sonnige stoepgedeelte. (Volkshulpsentrum)

Foto 10: Annelize en tannie Nellie (een van die inwoners van die Volkshulpsentrum) in die agterste ingangsportaal.

Foto 11: Kennisgewingbord voor in die tuin by die Volkshulpsentrum.

 

 
 
     
   
     
     

Tuis • Home
Op • Up
Hulpdienste 05
Indiensstelling 05
Komitees 05
Noodhulp 05
Snuffelwinkels 05
Volkshulpsentrum 05
Volkshulptuiste 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible