With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpNoodhulp 06Snuffelwinkels 06Volkshulptuiste 06Volkshulpsentrum 06Indiensstelling 06Komitees 06SMS VOLK 06Volksaksies 06Kinderfonds 06Pampoenfees 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
 

 

 
     
     
  Volkshulpsentrum 2006  
     
     
 

Ons kan met trots sê: Ons beskik oor 'n pragtige ouetehuis vir selfversorgende bejaardes. Volledig, huislik, aangenaam met volop fasiliteite. Geen sent verskuldig op die eiendom nie, met die uitsondering van lopende munisipale dienstegelde en die normale ander uitgawes. Weens die afsterwe van twee manlike inwoners en twee troues waar die paartjies elders gaan woon het, is daar tans slegs twee inwoners in die Volkshulpsentrum. Nou is dit so dat die vraag gevra word waarom ons nie die maksimum van 24 inwoners inneem nie. Die antwoord is eenvoudig: Ons beskik nie oor die fondse om aan inwoners maaltye voor te sit sonder genoegsame fondse nie. Dit kos in die orde van sowat R2 000 per persoon per maand. Dit dien geen doel om senior burgers in te neem en dan skiet die voedselvoorsiening te kort nie. Hierdie is maar een van die pogings van ons kant om die vele en wye maatskaplike probleme aan te spreek. Indien die volle welsynspektrum gedek wil word, moet daar maar net 'n veel groter begroting kan wees waarmee gewerk kan word. Welsyn is omtrent sinoniem met uitgawes. Dit kos eenvoudig baie geld om die verskillende welsynsterreine te kan aanspreek. Sonder staatshulp is die ondervanging hiervan 'n saak van onmoontlikheid.

  • APK se betrokkenheid

In ons geval is daar slegs een oplossing, naamlik, dat borge bekom moet word sodat elke inwoner wat ingeneem word, verseker kan wees van 'n menswaardige bestaan en nie die van 'n plakkeromstandigheid nie. In hierdie verband word veral die APK-gemeentes genader om sulke verbintenisse (borgskappe) van R2 000 per maand per inwoner gevestig te kry. Net die tyd sal leer hoe suksesvol hierdie poging sal wees. Al wat ons graag sal wil sien, is dat die Volkshulpsentrum voltallig sal wees; dat elke inwoner vir die res van sy/haar lewe gelukkig en harmonieus, binne normale huislike omstandighede, sal kan lewe en les bes, dat elke inwoner steeds 'n hele klompie honderd rand per maand tot sy/haar beskikking het, om hulself bietjie te bederf en daardie iets ekstra elke maand te kan aanskaf.

  • Uitgawes betrokke by die Volkshulpsentrum

Uitgawes betrokke by die Volkshulpsentrum het die afgelope jaar R95 840 beloop. Hiervan het maaltye R40 320 bedra. Hierdie syfer behoort veel hoër te wees, maar danksy die konserwatiewe hantering van kruideniersaankope, ens, word hierdie uitgawe beperk tot dit wat bekostigbaar is. Net een ekstra inwoner sou hierdie uitgawe tot minstens R64 320 opgestoot het.

Elke inwoner dra wel 'n gedeelte tot hul losies by. Gedurende die afgelope jaar is R24 480.10 in hierdie opsig ontvang. Daar was aan die begin van 2005 nog 5 inwoners. Maatskaplike pensioenarisse (met geen ander inkomste) betaal maandeliks net R300 vir volle losies. Die totale uitgawes aan die Volkshulpsentrum het die afgelope jaar R95 840 bedra. Die detail hiervan is beskikbaar en kan net aangevra word.

Volkshulpsentrum Nog foto's van die Volkshulpsentrum

 
     
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp 06
Snuffelwinkels 06
Volkshulptuiste 06
Volkshulpsentrum 06
Indiensstelling 06
Komitees 06
SMS VOLK 06
Volksaksies 06
Kinderfonds 06
Pampoenfees 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible