With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpNoodhulp 06Snuffelwinkels 06Volkshulptuiste 06Volkshulpsentrum 06Indiensstelling 06Komitees 06SMS VOLK 06Volksaksies 06Kinderfonds 06Pampoenfees 06

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2006)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2005 tot 28 Februarie 2006  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Jaarverslag 2006  
 

 

 
     
     
  Volkshulptuiste 2006  
     
     
  Volkshulp 2000: Noodhuisvestingsprojek te Kleinfontein  
   Klik duimnael vir groter weergawe    
       
 
  • Noodhuisvestingsprojek

Volkshulp 2000 het enkele jare gelede met baie goeie bedoelings betrokke geraak by die daarstelling van 'n noodhuisvestingsprojek. Genoegsame kapitaal om 'n behoorlike, moderne sentrum daar te stel, was daar eenvoudig nie. Nogtans het die behoeftes vir huisvesting, gegewe die steeds toenemende plakkerskampe, ons genoodsaak om die sogenaamde kwantumsprong te gee. Oë toeknyp, vertrouend op die Heer, het ons die sprong gewaag. Vandag kan ons terugkyk en die Vader se genade gadeslaan. Die Volkshulptuiste (VHT) is nog nie naastenby die ideale nie, maar wel 'n plek waar nooddruftige volksgenote nie net 'n werk/inkomste en 'n dak oor die kop gebied word nie, maar waar daar ook liefde en 'n geestelike opvoeding tesame met die maatskaplike opheffing en rehabilitasie geskied. 'n Soort "deurgangshuis" waarna die persoon weer 'n menswaardige en volwaardige plek in die ekonomies-bedrywige samelewing kan inneem .

Ongelukkig word steeds na die Volkshulptuiste deur sommiges (moontlik uit onkunde van wat presies by die VHT vermag word) verwys as die "mission", wat die VHT beslis nie is nie. Sy doel, samestelling en werksaamhede getuig van die teenoorgestelde. Dis die enkele rehabilitasie-suksesverhaal wat almal wat betrokke is by die VHT, daardie stukrag, ywer en motivering verskaf om, ten spyte van teenkanting van veral diegene met min empatie vir diegene wat in die lewe geval het, voort te gaan om die hand te reik na daardie platgeslane volksgenote wat om hulp uitroep. Ons wil dit onomwonde stel, dat Volkshulp 2000 absoluut verbind is tot die sukses van die opheffingstaak, waarvoor ons voorwaar ons bereid verklaar het. Daar is geen manier dat ons ons van koers sal laat dwing deur persone wat nie soveel empatie het met die Bybelse opdrag om na die weduwees en wese om te sien nie.

  • Geestelike bearbeiding deur NG-gemeente, Cullinan

Die opheffingsdiens waarvan melding gemaak is, behels sommer heelwat fasette. Eerstens en heel boaan die lys staan geestelike bearbeiding. Sonder die geestelike sy is opheffing nie moontlik nie en futiel. Dank is dan ook verskuldig aan die NG-gemeente, Cullinan, met ds. Okkie Olivier aan die spits, wat die taak en leiding op hom geneem het om tesame met sy kerkraad en maatskaplike werksters, hierdie omvangryke taak by die VHT te onderneem. Sondae se eredienste vervul 'n prominente rol. So ook die gereelde weeklikse bidure wat deur Geesgedrewe vriende in die omgewing behartig word.

  • Suksesse in die rehabilitasieproses

Wanneer mens van suksesse in die rehabilitasieproses praat is dit ook nie asof aanspraak op 'n 100% suksesverhaal gemaak kan word nie. Die getal permanente suksesse kan seker die tweesyferperk haal en is maar weinig. Nogtans is ons jubelend oor daardie enkele gevalle. Dit help tog nie mens is naïef en gaan van die standpunt uit dat elkeen wat na 'n periode by die VHT "skoon" uitgaan, wel permanent genees is nie. Nogtans bly ons baie optimisties en weet dat die Here hierdie grootse projek ook onder Sy vleuels hou. Ons beloning is wanneer iemand na 'n periode in die VHT as "deurgangshuis", weer kan terugkeer na 'n selfstandige bestaan met 'n werk en eie verblyf in die openbare sektor.

Ons is dankbaar om tans oor die dienste van iemand wat nie net naby die VHT woonagtig is nie, maar ook oor die nodige kwaliteite beskik en dit toepas, om die gestelde doelwitte met die rehabilitering van persone behulpsaam te wees. Ongelukkig was die Beheerbeampte (Jan Horn) self by 'n traumatiese kapingsproses betrokke. Ook hierdie voorval het vir Volkshulp 2000 heelwat gekos. In die proses is sowat R6 000 tesame met belangrike hersteltoerusting, rekenkundige boeke ens. saam met die bakkie gesteel. Laasgenoemde is wel teruggevind, maar die res was spoorloos. Ook hierdie saak is nog onopgelos en niemand in hegtenis geneem nie.

Een groot vrees hierdie tyd van die jaar veral, is brande. Die VHT is grootliks gerat, want sou 'n vuur buite beheer ons tref, is ons onderdak daarmee heen. Daarom het ons o.a. 'n goeie tweedehandse trekker aangeskaf vir die maak van brandbane. Sover is ons wonderlik gespaar van verwoestende veldbrande en ook skade.

GebedsgroepMelding moet ook gemaak word van ander pragtige meewerkers soos die dames van gebedsgroepe wat weekliks kruideniersware by die VHT aflewer, en by verlede Desember selfs 'n Kersfunksie vir die inwoners gereël het. So 'n bietjie "bederf" met gepaardgaande Kersgeskenkies. Voorwaar vriende wat die nood van andere raaksien en bereid is om iets daaraan te doen. Barmhartige Samaritane. Hierby kan gevoeg word daardie inwoners wat hul harte en hande oopmaak en op tasbare wyse hul empatie en bereidwilligheid om te help, betoon.

 
     
 

  Bybel met boekmerk: bekering.afrikaansebybel.com  bekering.afrikaansebybel.com

 
     

Tuis • Home
Op • Up
Noodhulp 06
Snuffelwinkels 06
Volkshulptuiste 06
Volkshulpsentrum 06
Indiensstelling 06
Komitees 06
SMS VOLK 06
Volksaksies 06
Kinderfonds 06
Pampoenfees 06

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible