With cooperation we'll strive
to live to the honour of God

Volkshulp 2000 History * Volkshulp 2000 Geskiedenis

Met saamwerk sal ons streef
 om tot eer van God te leef

 

 
 Updated May 5, 200  Opgedateer: 5 Mei 2008

Free Ads Gratis Advertensies

Soek in hierdie webwerf  

Search this site  

Tuis • HomeOp • UpDRINGEND! 05Help verdien 05Wie en wat 05Omgee-Brosjure 05

 

  Volkshulp 2000 se argief (Jaarverslag 2005)LW. Hierdie inligting is deel van Volkshulp 2000 se argief van werksaamhede gedurende die tydperk 1 Maart 2004 tot 28 Februarie 2005  
     
  Nuutste Jaarverslag  
     
 

 

 
  Hulpbron  
 

 

 
  Wie, wat, waar en hoe-Brosjure 2005  
 

 

 
     
   

Volkshulp 2000 doen presies dit wat die naam sê: Ons verleen hulp aan volksgenote in nood

Volkshulp 2000 is -

  • ons volksgenote se eie welsyns-instelling;
  • reeds op 21 Julie 1991 gestig;
  • soewerein, onafhanklik en staan volwaardig op sy eie bene;
  • volwaardig VOLKSBESIT en donateurs is die EIENAARS daarvan, d.w.s., indien daar  aan die grondbeginsels soos in die Grondwet vervat, voldoen en dit nagekom word;
  • net afhanklik van sy donateurs, omdat geen staatsubsidie ter sprake is nie;
  • nie partypolities gebonde nie en is ook nie aan ‘n spesifieke kerklike denominasie gebonde nie.

Redes vir Volkshulp 2000 se ingryping

 

Sekerlik die belangrikste rede is die radikale gevolge van die sogenaamde "affirmative action". Dit veroorsaak dat volksgenote uiteindelik sonder werk, huis of haard op straat beland.

Op hierdie stadium is daar sowat 340000 blankes in Suid Afrika wat onder die broodlyn leef. Hierdie getal neem daagliks toe.

Die gevolge van
 "affirmative action"

 

Hoe word die probleem aangespreek?

 
Die een uitstaande realiteit: Daar sal nooit genoeg geld beskikbaar wees om die toenemende getal behoeftige persone/gesinne op deurlopende grondslag van kos en blyplek te voorsien nie. Nie eers van owerheidsweë nie. Die alleroplossing is dus die indiensstelling van persone sodat hulle self voedsel vir hul gesinne op die tafel kan plaas. Daarmee sal alle kerkgemeentes en gemeenskappe met deernis in die hart, hande moet vat en saam die armoedevraagstuk beveg.

Volkshulp 2000 bedryf ‘n gerekenariseerde personeeldatabasis wat aangewend word om werkgewers en werknemers bymekaar te bring. Hierdie stelsel word nou selfs verder uitgebrei. Bykomend hiertoe, geskied weeklikse programuitsendings oor Radio Pretoria, naamlik, elke Donderdag.

Nog ‘n realiteit: Daar is net geen substituut vir selfarbeidsaamheid nie.

       

Enkele belangrike Hulpverleningsprojekte

 
  • Verblyf
    • By die Volkshulpsentrum (tehuis vir senior burgers) in Jan Niemandpark word inwoners in 5 dubbel- en 4 enkelkamers gehuisves.
    • Tans word sowat 40 mense by die Volkshulptuiste te Kleinfontein in enkelkamers, ‘n "ramkamp" (groot oop lokaal wat 18 persone kan akkommodeer), houthuisies en ‘n paar woonwaens gehuisves.
  • ‘n Winkeltjie wat basiese produkte bevat en wat teen billike pryse aan inwoners beskikbaar gestel word, word by die Volkshulptuiste bedryf. ‘n Groot, moderne ablusieblok met meer as voldoende bad-, stort en toiletgeriewe vir mans en dames afsonderlik, is in gebruik. (Foto's)
  • Een van die vereistes wat vir alle inwoners van die Volkshulptuiste geld, is dat almal werksaam moet wees. Hulle word paslik in die omgewing in diens geplaas.
 

Verlening van Maatskaplike Noodhulp

 

Die Volkshulphand word ook uitgereik na ander volksgerigte organisasies/individue wat op die wyduiteenlopende welsynsveld beweeg of daarmee te make het.

 
  • Voedsel, kospakkies, klerasie, komberse, skoeisel en ander items/benodigdhede waar behoeftes ervaar word, word op daaglikse basis aan enkelinge en gesinne voorsien.
  • Ons voorsien grootmaat-voedsel aan instansies, waaronder ouetehuise, skole en dies meer.
  • Waar moontlik, word gehelp met die betaling van brandstof, tydelike verblyf, koshuisgeld, huurgeld, lenings, individuele noodgevalle en vele meer.
  • Maatskaplike werkdienste word verleen waar nodig en waar moontlik.
 

Finansiële beheer

 
As ‘n selfstandige, gevestigde, nie-winsgewende instelling, is Volkshulp 2000 finansieel en organisatories onafhanklik. Noukeurige besigheidsgerigte ontvangs en toedeling/aan-wending van alle skenkings word verseker. Benewens deeglike ouditering deur ‘n onafhanklike ouditeur, is alle finansiële verslae by die "Direkteur van Organisasies sonder Winsoogmerke" ter insae beskikbaar.

Benewens bostaande, is ELKE donateur ook mede eienaar van hierdie VOLKSAAK. Dit verseker dan ook dat elke eienaar te eniger tyd toegang moet kan verkry tot bv. rekenkundige boeke. Nêrens in die wêreld sal dieselfde deursigtige benaderingswyse aangetref word nie!

 

Enkele dringende behoeftes

 

Help ons om op die bestaande infrastruktuur te verbeter.

 

Fondse om voldoende menswaardige behuising by die Volkshulptuiste te kan oprig.
   
Fondse om van die belangrikste ontwikkelingsprojekte te finansier. Vir die onmiddellike, ‘n ingerigte skuur vir ‘n pottebakkersbedryf. Die oond en ‘n instrukteur is reeds beskikbaar. Opleiding van dames kan begin sodra daar onderdak hiervoor is.
   

Uitbreiding van die bestaande werkswinkel waar toestelle soos o.a. yskaste, stowe, ens. op herstel wag, geberg kan word.
   

Fondse om meer bejaardes in ons Volkshulpsentrum te kan huisves.
   

Alle skenkings van kos, klere, beddegoed, bruikbare items, elektriese apparaat en speelgoed.
   

Hoe kan Volkshulp 2000 gehelp word om volksgenote in nood te help?

 
Wees ons "oë" en "ore". U kan ‘n fenomenale bydrae lewer deur net in kontak met ons te bly. Die aanvaarding van groter verantwoordelikheid sal soveel te meer waardeer word.

Verskaf aan ons belangstellende vriende, bure en familielede se adresse, telefoonnommers, e-pos-adresse. Ons sal dan met hulle in verbinding tree.

Moontlikhede: Erflatings. Dink aan ons. Neem deel. Werf bv. debietorderbydraers en VERDIEN vir drie maande lank 25% op die bedrag daarvan.

 

Help ons dat ons ook ons kinders en bejaardes kan help.

 
 
Skakel besonderhede:

DIE DIREKTEUR, VOLKSHULP 2000
POSBUS 11824, Queenswood, 0121
TEL: (012) 333 5906 // 072 456 7667
Faks: (012) 333 6422
BANK: ABSA, Sinoville, Tjek: 10176514

U kan ook met ons gemagtigde bemarker, ANIETA ARMAND, in verbinding tree by:
Tel: 082 979 5207

       
Navrae? Skakel die kantoor of stuur 'n Inligtingsversoekvorm.
 
 
     

Tuis • Home
Op • Up
DRINGEND! 05
Help verdien 05
Wie en wat 05
Omgee-Brosjure 05

 

 

Tuis Werfkaart Debietorder Inligting Navrae Jaarverslag 07 Jaarverslag 06 Inleiding 06 Hoogtepunte 06 Gebeure 06 Projekte 06 Maatskappy 06 Administrasie 06 Bestuursraad 06 Personeel 06 Finansies 06 Borge 06 Dankie 06 Jaarverslag 05 Inleiding 05 Hoogtepunte 05 Verarming 05 Projekte 05 Administrasie 05 Bestuursraad 05 Personeel 05 Versoek 05 Finansies 05 Borge 05 Hulpbronne 05 Jaarverslag 99 Inleiding 99 Noodhulp 99 Projekte 99 Versoek 99 Finansies 99 Borge 99 Dankie 99
Home Sitemap Emergency Aid Debit Order Information Contact


Gratis Advertensies/
Free Ads

ADSA vir Klein Advertensies
ADSA for Small Ads

 ARK Web Design © 1998-2008
ARK Webontwerp © 1998-2008


 

Bybel vir Aflaai

Download Bible